Posts Tagged ‘daniël’

15-21 Julie 2013 – Daniël

RUS
• Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.
• Gesels oor die nuwe kwartaal wat begin. Laat elkeen vertel waaroor hulle opgewonde en bekommerd is.

HOOR
Lees die verhaal van Daniël (1-3, 6 – Nebukadnesar se droom, die leeukuil) in ’n kinder-vriendelike Bybel.
• Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die verhaal. As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels.
• Daniël en sy vriende is gehoorsaam aan God, al weet hulle dit kan hulle in die moeilikheid bring. Vertel vir mekaar hoe gehoorsaamheid aan God mens vandag ook in die moeilikheid kan bring (bv. as jy nie verkeerde goed saam met jou vriende wil doen nie).
• Daniël het op God vertrou en God het hom gehelp. Vertel vir mekaar van kere in jul eie lewens wat julle op God vertrou en hy julle gehelp het.

LEEF
• Waarvoor het jy nou nodig om God te vertrou? Is daar een van jul gesin wat krag nodig het om sterk te staan in versoeking? Vertel vir mekaar daarvan en bid spesifiek vir hierdie goed.
• Hoe gaan julle hierdie week ’n seën wees?
• Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord? Sê dankie! Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid. Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys.

Continue Reading