Steundienste
Diensverhoudinge
Hierdie span adviseer die Kerkraad en dagbestuur oor alle sake wat die personeel raak en sien toe na die versorging van die personeel.
Rentmeesterskap
Die Rentmeesterskapspan adviseer die Kerkraad en dagbestuur oor alle sake wat die gemeente se finansies en beleggings raak. Hulle adviseer die Dagbestuur met die opstel van die begroting vir voorlegging aan die Kerkraad en hou toesig oor die gemeente se finansiële bestuur en uitvoering van die begroting.
Eiendomme
Hierdie span adviseer die dagbestuur aangaande die onderhoud en bestuur van die gemeente se eiendomme en staan die gemeentebestuurder by in in die onderhoud en bestuur van die gemeente se eiendomme. Hulle hou ook toesig oor die onderhoud en bestuur van die gemeente se eiendomme.
Kommunikasie
Die kommunikasie span adviseer die dagbestuur aangaande die kommunikasie strategie en uitvoering daarvan binne en buite die gemeente en staan die leraarspan by in die uitvoering van die kommunikasie strategie.
Marinette Kapp
| #
Goeie dag
Ek het n kamer beskikbaar in n 3 slaapkamer meenthuis complex agter humewood spar. Veilige area en parkeering vir n kar. Huur is 3500 water ingesluit maar krag is prepaid so ons sal dit tussen die 3 van ons moet deel. Vir enige navra kan julle my kontak op 0761304582.
Groete Marinette
Carine
| #
Akkommodasie vir ‘n mans persoon beskikbaar. “Flatlet” in kompleks, veilig met elektriese omheining, water en ligte ingesluit. Naby Universiteit – Somerstrand
skakel my gerus: 0842502286
Tilla
| #
Baie dankie Chris!
Het ervaring van hoe God mens roep tot aanbidding. En hoe nodig ek dit het.
Vir my werk stilte, in die natuur en met die Bybel en joernaal saam die beste.
Andre Botha
| #
Wil net dankie se vir hierdie boodskap. Wat my baie perspektief gegee het. En veral gehelp om roeping te verstaan, die hoe van gestuur wees. Dankie 🙂
Anita
| #
Baie dankie. Reggekom