• Home
  • Nuus
  • South Africa National Church Life Survey -2019

South Africa National Church Life Survey -2019

Die resultate van ons deelname in Februarie aan die 2019 erediensbywoners vraelys is beskikbaar. Hier is ‘n kort opsomming van die menings van die 204 lidmate (15 jaar en ouer) wat dit ingevul het. Dit sluit dinge in wat ons waardeer en verwag, ons gawes en vaardighede, hoe ons aan God, mekaar en die breër gemeenskap verbind is, sowel as menings oor die gemeente se visie, bereidheid tot innovasie, leierskap-kultuur. In die volle verslag is daar baie meer inligting, onder andere ook die resultate van erediensbywoners se mening oor die rol van ons gemeente in die land.

Wat erediensbywoners in ons gemeente die meeste waardeer

  • Preke en lering 46%
  • Tradisionele styl van aanbidding en musiek 35%
  • Nagmaal 31%
  • Gemeenskapsorg en sosiale geregtigheid 23%

Wat erediensbywoners in ons gemeente verwag aandag moet kry (prioriteite)

  • Om ‘n gevoel van gemeenskap te bou 27%
  • Om in ‘n groter plaaslike kerk te ontwikkel 27%
  • Om eredienste te ontwikkel wat aanbidding voed 24%
  • Om sosiale optrede en hulp te bevorder 19%

Erediensbywoners in ons gemeente se gawes en vaardighede

  • Opvoeding 35%
  • Interpersoonlik 31%
  • Leierskap/Bestuur 28%
  • Musiek 28%

Hoe erediensbywoners in ons gemeente aan God verbind is

  • Groei in geloof tydens die afgelope jaar deur die gemeente 69%
  • Persoonlike stiltetyd bykans elke dag 65%
  • God is die belangrikste werklikheid in ons lewe 69%
  • Erediens in die gemeente daag ons uit om op te tree 54%

Hoe erediensbywoners in ons gemeente aan mekaar verbind is

  • Sterk gevoel dat ons aan mekaar behoort 82%
  • Maklik om vriende te maak in die gemeente 70%
  • Betrokke in klein groepe 32%
  • Tevrede met kinders (0-12 jaar oud) se aktiwiteite 61%

Hoe erediensbywoners in ons gemeente aan die gemeenskap verbind is

  • Tree as vrywilligers op in gemeenskapsaktiwiteite via gemeente 31%
  • Verleen hulp aan ander op drie of meer maniere 47%
  • Dien in welsyns- of geregtigheidsgroepe 44%
  • Voel op gemak om geloof met ander te deel 20%

Erediensbywoners in ons gemeente se mening oor Visie en Leierskap

  • Stem saam dat daar goeie en helder sisteme is vir funksionering 77%
  • Sal nuwe inisiatiewe ondersteun 73%
  • Bewus van en sterk verbind aan visie 26%
  • Leiers help ons om ons gawes / vaardighede te gebruik 49%

Sirkel van sterktes in ons gemeente (2019) – oorsig

  1. Aanbidding (78%) – Ervaar altyd inspirasie in eredienste van hierdie gemeente

Gemeente help met inspirasie (Altyd – 2019: 30% ; 2015: 21%); Gemeente help met praktyk (Altyd – 2019: 36% ; 2015: 20%)

  1. Geloof (59%) – Baie geloofsgroei ervaar die afgelope jaar deur hierdie gemeente

Gemeente help met geloofsgroei (Baie groei – 2019: 30% ; 2015: 21%); Lidmate spandeer meer tyd in stiltetyd (2019: 65% ; 2015: 60%); lidmate ervaar groei in die belangrikheid van God in hulle lewe (Baie – 2019: 69% ; 2015: 64%)

  1. Innovasie (58%) – Stem sterk saam dat hierdie gemeente altyd gereed is om iets nuuts te probeer
  2. Visie (44%) – Bewus van en sterk verbind aan die visie van hierdie gemeente
  3. Leierskap kultuur (42%) – Stem sterk saam dat leiers erediensbywoners aanmoedig om hulle gawe en vaardighede te ontdek
  4. Diens (41%) – Die aantal verskillende maniere waarop erediensbywoners ander gehelp het die afgelope 12 maande
  5. Geloofsdeling (41%) – Het iemand uitgenooi na die gemeente die afgelope 12 maande
  6. Behoort (34%) – Gevoel van behoort aan die gemeente is sterk en groeiend
  7. Insluiting (30%) – Sal vir seker iemand opvolg wat wegbly van die gemeente

Sirkel van sterktes in ons gemeente (2015) – ter vergelyking

  1. Innovasie – skuif afwaarts na posisie 3
  2. Diens – skuif afwaarts na posisie 6
  3. Aanbidding – skuif opwaarts na posisie 1
  4. Geloof – skuif opwaarts na posisie 2
  5. Visie – skuif opwaarts na posisie 4
  6. Leierskap kultuur – skuif opwaarts na posisie 5
  7. Geloofsdeling – bly dieselfde
  8. Behoort – bly dieselfde
  9. Insluiting – bly dieselfde

 

     

Trackback from your site.

Leave a comment

Kommentaar en navrae

  • Avatar

    Willem Wiid

    |

    Ek is opsoek na verlede Sondag (20/10/2019) se liturgie. Kry dit ongelukkig nie opgespoor nie. Kry ook nie die afkondigings nie

  • Avatar

    Riana Carstens

    |

    Dankie!!!!!! N insiggewende opbouende preek wat die “Goeie nuus” boodskàp ook bevat. Baie baie dankie.

    Riana

  • Avatar

    Rene De Lange

    |

    Ek is opsoek na n woonstelmaat vir 2020. Overbaakens kompleks naby Moffitt on main
    huur R3100 per maand. Water en elektrisiteit uitgesluit. Whatsapp my asseblief op 073 043 9386 .

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Pieter

    Jy kan uiteraard lees wat ek self oor Romeine en Efesiërs geskryf het:

    Maar, as jy ‘n bietjie dieper wil delf, kan jy kyk na die volgende bronne:

    • Faithlife Study Bible (korter kommentaar oor die hele Bybel)
    • NET Bible (kort tekstuele kommentaar oor die hele Bybel – gratis op YouVersion se Bible app)
    • Scripture Direct (uitstekende woordverklarings oor die hele NT – gratis as app)
    • Keener, C. S. The IVP Bible Background Commentary: New Testament (Second Edition). IVP Academic. 2014.
    • Vosloo, W., & van Rensburg, F. J. Die Bybel in Praktyk (Nuwe Vertaling). Vereeniging: Christelike Uitgewersmaatskappy. 1993
    • Van Zyl, A. H.. Die Bybel verklaar: 1983-vertaling. Kaapstad: Lux Verbi. 1993

    Dan is daar natuurlik volbloed kommentare.
    Op Romeine:

    Op Efesiërs:

    • Lincoln, Andrew T. Ephesians WBC 1990
    • Bruce, F. F. The Epistles to the Colossians, to Philemon, and to the Ephesians NICNT
      1984
    • Foulkes, Francis Ephesians TNTC 1989
    • Stott, John R. W. The Message of Ephesians BST 1991
    • Fowl, S. E. Ephesians: A Commentary. Westminster John Knox Press 2012
    • Roberts, J. H. Die brief aan die Efesiers. N G Kerk-Uitgewers. 1990
    • William Barclay http://www.dannychesnut.com/Bible/Barclay/Galatians%20and%20Ephesians.htm