Klou vas aan die lewe na die dood – Sondag 16 Junie 09:00
‘n Hele paar van ons gemeentelede is die afgelope tyd gekonfronteer met die finaliteit van die dood. ‘n Eggenoot en ma wat nog in die fleur van haar lewe was. ‘n Pa en oupa wat verlos is van ‘n lang lyding. ‘n Ma en ouma wat oorlede is.
En dit pas in die breër prentjie van die geweld in ons land. Ons paaie word op plekke “no-go-zones”. Een van ons gemeentekinders het dit onlangs aan sy lyf gevoel in die Kaap. En talle mense is die afgelope tyd vermoor. In die Wes-Kaap is daar boere wat nie meer op hulle plase woon nie. Dit het net te gevaarlik geword.
Daar is ook dinge wat met ons gebeur wat voel soos die dood. Die afskaling in ons leraarsposte weens finansiële redes.
Wat maak ons met die dood? Wat maak ons met die wanhoop wat intree as ons met verganklikheid en aftakeling gekonfronteer word?
As Paulus hieroor skryf dan praat hy interessant genoeg oor die wederkoms (1 Tes 4:13-18).
Kom luister Sondag hoe die vasklou aan die lewe na die dood ons bemoedig vir hierdie lewe.