Somerstrand se Lentefees benodigdhede

1 September 2012 kom nader!

  • Die Handwerktafel benodig vilt, wol en materiaal. Hulle maak die mooiste kussings denkbaar. Bring asseblief skenkings na die kerkkantoor of kontak Alida Stewart by 041 583 2978.
  • Die Kunstafel benodig enige piekniek–dramandjies (nie bloemistemandjies nie) om oor te trek asook afvalmateriaal, linte en strikkies. Bring asseblief na die kerkkantoor. Joan Burnell trek ou mandjies weer nuut oor, verfraaide mandjies kan by die Lentefees se kunstafel gekoop word.
  • Die Poedingtafel benodig enigiemand wat betrokke wil wees of ‘n bydrae kan lewer. Kontak Annemari Cilliers by 041 583 1221 / Cecilia Badenhorst 041 583 1656.
  • Die Geskenktafel/kunsvlyt soek gewillige hande wat hulle kan help. Hulle het ‘n paar idees en soek hande om dit te help maak. Almal wat belangstel, kontak Ursula by 041 583 3059 of 083 306 92222 as jy wil deelneem.
  • Die Koektafel benodig 40 groot koeke vir die Lentefees. Kontak asseblief vir Esmé Dorfling by 082 4481 412 indien jy ‘n koek kan skenk.
  • ‘n Musiektrivia word gehou op 3 Augustus om 18:30 by “Campus boma, NMMU Suid-Kampus. Tema: Jare 60’s. Drag: Sestiger. Kaartjies kos R50 per persoon, tafelspanne van 8. Bespreek en betaal by die kerkkantoor. Navrae: Sarel Schoombie 084 582 9494.
     

Trackback from your site.

Leave a comment