Somalië

Ons word elke dag gekonfronteer met die hongersnood in Somalië. Hierdie hoofsaaklik Moslem-land gaan al vir jare gebuk onder politieke onrus, gepaardgaande met erge droogte.

Bid:

  • Vir die beëindiging van die kroniese politieke onstabiliteit en onrus in hierdie oorloggeteisterde land.
  • Dat die handjie vol gelowiges (0.7-2% van die bevolking) sal groei in hul geloof ten spyte van hul omstandighede.
  • Dat die politieke wil en samewerking daar sal wees, sodat die nodige hulp die mense sal bereik.
  • Dat die Here mense se harte sal oopmaak, sodat daar genoeg humanitêre hulp sal wees om hierdie land se mense deur die krisis te help.
  • Dat die Here nuwe geleenthede sal voorsien vir Sy Woord om Somaliërs te bereik.

Kry meer inligting en gebedriglyne vir Somalië by www.prayer4thenations.org/guides/SomaliPrayer.pdf

Baie van die huidige hulpverlening word gekoördineer deur die Moslem organisasie Gift of the Givers. As jy hulle wil ondersteun, gaan na www.giftofthegivers.org.

Die Moderamen van die Algemene Sinode van die NG Kerk (ASM) het onlangs besluit om betrokke te raak by hulpverlening in die lande in die Horing van Afrika wat tans erge hongersnood beleef. Ons is almal aangegryp deur die berigte en foto’s van die gebeure in Somalië, maar die nood strek selfs verder. Die ASM het geoordeel dat ons in die lig van ons roeping en die feit dat ons deel is van Afrika, nie onbetrokke kan toekyk op die krisis wat daar gebeur nie.

Vir hierdie doel is ‘n bankrekening geskep waarvan die besonderhede soos volg is:

Rekeningnaam: Algemene Sinode NG Kerk
Bank: Standard Bank
Tak: Hillcrest Boulevard (011-545)
Rekeningnommer: 042-142-873
Verwysing: Somalië

Ons is tans besig om ‘n plan uit te werk hoe ons die bydraes wat ontvang word op die beste moontlike manier kan bestee, sodat die mense in nood so doeltreffend as moontlik bereik sal word.

Vir verdere navrae kan ds Willie van der Merwe by die kantoor van die Algemene Sinode (012 342 0092) gekontak word.

     

Trackback from your site.

Leave a comment