Pulse – Seks: Wat sê die Bybel? – Youtube Sondag 18:00

“Hoekom praat ons by die kerk oor seks?”, vra iemand in ons anonieme vraelys.

Seks kom van die Here af en ons kan almal baat daarby om te leer of herinner te word wat God met hierdie daad bedoel het en waar dit inpas in Sy skepping. Dit gaan beslis NIE ‘n preek wees oor wat mens mag en NIE mag doen voor of tydens die huwelik nie. So, alhoewel die gedagte aan ‘n gesprek oor hierdie onderwerp saam met jou ouers òf kinders (bo dertien) dalk ietwat ongemaklik gaan wees, is daar geen beter plek om hieroor te praat en kommunikasiekanale oop te maak as by die kerk nie. So, as dit sal help…..kyk dit dan elkeen op jou eie device, in jou eie hoekie van die huis, maar moet dit nie misloop nie.

Youtube

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.