Pulse – ons verhouding met die omgewing – 30 Augustus 18:00
Ons beleef tans die Vierde Industriële Revolusie. Dit is ‘n revolusie van data, die “Internet of things”, die vermenging van die fisiese, biologiese, en digitale wêrelde, die virtuele wêrelde waarin ons leef. Dit is wonderlik, maar dit verhoog die probleem wat ons het met besoedeling, afval, en die oorbenutting van bronne. Dit is dan só bevredigend om die Bybel op die eerste bladsy oop te maak en agterkom dat die visie van God vir hierdie wêreld nog presies in die kol is. Dat geen revolusie die basiese dinge wat God ons daar leer, ontkrag nie. Dat die visie van die Bybel vir ons verhouding met die omgewing nog steeds die beste prentjie is wat daar is. Want, God se droom vir die aarde kan in drie woorde saamgevat word … Kom luister Sondag 18:00 na Pulse op Youtube. Jy kan ook 1 GB data wen met ‘n app wat ons bekend stel.