Projek 2010 – vraelys
Opmerkings oor die reponskoers
- Ons het 455 ingevulde vraelyste teruggekry (uit 1425 gemeentelede, kinders ingesluit) – 32% van die gemeente.
- Die gemiddelde ouderdom van die invullers was 58 jaar (teenoor 42 gemiddelde ouderdom vir die hele gemeente)
- Die meeste van die invullers is Getroud met kinders uit die huis – 45%
Betrokkenheid in die gemeente
- 28% se betrokkenheid het afgeneem; 40% se betrokkenheid het toegeneem.
Menings oor die erediens
- 64% dink die kwaliteit van die oggend erediens is uitstekend; 10 % nie.
- 69% dink die kwaliteit van die prediking is uitstekend; 7 % nie.
- 77 % wil graag deur die prediking praktiese riglyne vir elke dag ontvang.
- 92 % wil graag deur die prediking meer van God leer.
- 46% dink die kwaliteit van die kommunikasie is uitstekend; 20 % nie.
Informele erediens
- 25 % het ’n behoefte aan ’n meer informele oggenddiens; 46% het nie.
Omdat die response meesal die ouer lidmate verteenwoordig, het ons die menings van die verskillende ouderdomme gekruistabuleer.
Dit het die volgende resultate gelewer:
Mense onder 50 jaar oud verkies dus ’n informele erediens, veral die groep 30-39 jaar – die mense bo 60 jaar oud verkies die gewone oggenddiens. Dit is ’n baie belangrike bevinding.
Kontemporêre musiek
- 23 % het ’n behoefte aan ’n oggend erediens met kontemporêre musiek; 49% het nie.
Omdat die response meesal die ouer lidmate verteenwoordig, het ons die menings van die verskillende ouderdomme gekruistabuleer.
Dit het die volgende resultate gelewer:
Mense onder 50 jaar oud verkies dus kontemporêre musiek, veral die groep 30-49 jaar – die mense bo 60 jaar oud verkies die musiek soos tans. Dit is ’n baie belangrike bevinding.
Menings oor kleingroepe
- 42% dink die onderlinge sorg in kleingroepe is uitstekend; 14 % nie.
Menings oor pastorale bediening
- 30% dink die pastorale bediening van die gemeente (leraars, ouderlinge, besoekspanne) is uitstekend; 36 % nie.
- 84% wil deur ’n leraar besoek word.
- 37% wil die besoek jaarliks ontvang; 48% wanneer hulle daarvoor vra.
Dankoffer verhoging
- 42% het oorweeg om hulle dankoffer vir 2010 te verhoog – 17% met R50; 13% met R100; Totale verhoging: R20 760.
- Van dié persone betaal 36% dit per koevert, 29% via die Internet, en 35% in die kollektebord.