• Home

Kos- en wyn ervaring met ‘n internasionale geur.

Kos- en wyn ervaring met ‘n internasionale geur – 19 September om 18:30 by die PE Women’s Klub. 60 Kaartjies @ R100 elk beskikbaar by die kerkkantoor.


Continue Reading

Barmhartigheid – Gemeenteaksies

Bedieningsbestuurder

 
 

Martie Coetsee

 

 

Chesire Homes

 

 
Nelia Collins

Nelia Collins

Haarversorging

 

 Tertius Swanepoel  
Tertius Swanepoel

Daaglikse Besoeke

 

 
Dewald Millard

Dewald Millard

Vervoer na Kerk & Bybelstudie

 

 
 Carl Schmitt  

Carl Schmitt

Bybelstudie

 

 

MTR Smit Kinderoord

 
Charlene & Louise

Charlene Brewis & Louise Bam

Reël uitstappies en aktiwiteite vir 16 dogters in Huis 9

 

 

Siekebesoek

 
Christa Marais

Christa Marais

Sy en haar helpers stuur kaartjies aan lidmate wat siek is.

 

 

Verjaardagkaartjies

 
Edda Prins

Edda Prins

Verjaardagwense aan lidmate 60 en ouer

 

 

CMR

 

Martie Coetsee

Verteenwoordig gemeente by Christelik Maatskaplike Raad

 

 

Kwazakhele Dienssentrum

 

Johann McFarlane

Dit is ‘n dienssentrum vir bejaardes waar hulle besig gehou word met handwerk, gesels, speletjies, uitstappies, ens.

 

 

Parkinsonsondersteuningsgroep

 
Annette van Zyl  

Annette van Zyl

 

 

Klub 65

 
Nellie Crouse

Nellie Crouse

Klub vir senior burgers met maandelikse byeenkomste by kerk.

 
Continue Reading

Gemeentebrief Augustus 2008

Bedieningsbrief

Om met vreugde te lewe en met liefde te dien vanuit ‘n vaste geloofsverbintenis met Jesus Christus ons Hoof… en so snel die lewe voort. Ons knip ons oë en die jaar is amper verby, ons is reeds volstoom aan die beplan vir volgende jaar. Te midde van die snelle pas moet ons ook soms stilstaan en vra: wat is Bootjiedie Here besig om te doen? Hoe help hy ons om die roeping te leef wat hy vir ons gegee het?

As ons oor die eerste helfte van die jaar terugkyk, dan is dit duidelik dat ons besig is om te leer om al meer geloofsonderskeidend te werk, om al meer die Here se wil

te soek in alles wat ons doen en die besluite wat ons neem. Dit is een van die gevolge van die fokus op gebed wat die Here op ons harte gedruk het. Deur sy Gees is die Here besig om ons vaste geloofsverbintenis met Jesus te versterk. Al meer mense neem deel aan die “biddend luister” en soek op dié manier die Here se wil vir alles in die gemeente.

Terselfdertyd is daar ook ‘n groot beweging om dinge vas te maak, om veral bestuursake vaartbelyn te maak en binne ‘n goed geordende sisteem te laat funksioneer.

Hier is veral mense soos Frik Buys en die ander wat besig is om aandag aan die bestuur te gee, besig om die hele gemeente met liefde te dien.

Wat ons ander fokusarea – kleingroepe – aanbetref, sien ons ook die gemeente se visie gestalte kry. Chris, wat die kleingroepe gereeld besoek, vertel dat hy ‘n intense betrokkenheid by mekaar en die gemeenskap opmerk. In die Bybelstudiegroepe word daar diepsinnige, intense gesprekke gevoer. Die Here is steeds besig om die kleingroepe te gebruik om ons geloof te verinnig.

Natuurlik is die jaar nog nie verby nie! Ons sien met opgewonde verwagting uit na September se Lentefees. Daar is interessante, soms moeilike, gesprekke aan die gang rondom ons eredienste –  ook hier is ons besig om ernstig na die Here se leiding te soek. Ons wil ook graag saam dink oor ons totale kommunikasie-strategie: webtuiste, blog, afkondigings, Gemeentebrief, ens. Ons hoop om ‘n span entoesiastiese mense bymekaar te kry om saam hieraan aandag te gee (as jy graag wil deel wees hiervan, kontak die kerkkantoor). Hou veral hierdie spasie dop… wie weet hoe die gemeentebrief in die toekoms daar gaan uitsien?

Terwyl ons so met vreugde lewe, met liefde dien en groei in ons geloofsverbintenis met Jesus, bid ons dat ons sal voortgaan om ‘n hawe te wees vir mekaar en al meer daarin sal slaag om ‘n hawe te wees vir ons gemeenskap.

Laai die hele Gemeentebrief hier af.

Continue Reading

Kommentaar en navrae

  • Avatar

    Willem Wiid

    |

    Ek is opsoek na verlede Sondag (20/10/2019) se liturgie. Kry dit ongelukkig nie opgespoor nie. Kry ook nie die afkondigings nie

  • Avatar

    Riana Carstens

    |

    Dankie!!!!!! N insiggewende opbouende preek wat die “Goeie nuus” boodskàp ook bevat. Baie baie dankie.

    Riana

  • Avatar

    Rene De Lange

    |

    Ek is opsoek na n woonstelmaat vir 2020. Overbaakens kompleks naby Moffitt on main
    huur R3100 per maand. Water en elektrisiteit uitgesluit. Whatsapp my asseblief op 073 043 9386 .

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Pieter

    Jy kan uiteraard lees wat ek self oor Romeine en Efesiërs geskryf het:

    Maar, as jy ‘n bietjie dieper wil delf, kan jy kyk na die volgende bronne:

    • Faithlife Study Bible (korter kommentaar oor die hele Bybel)
    • NET Bible (kort tekstuele kommentaar oor die hele Bybel – gratis op YouVersion se Bible app)
    • Scripture Direct (uitstekende woordverklarings oor die hele NT – gratis as app)
    • Keener, C. S. The IVP Bible Background Commentary: New Testament (Second Edition). IVP Academic. 2014.
    • Vosloo, W., & van Rensburg, F. J. Die Bybel in Praktyk (Nuwe Vertaling). Vereeniging: Christelike Uitgewersmaatskappy. 1993
    • Van Zyl, A. H.. Die Bybel verklaar: 1983-vertaling. Kaapstad: Lux Verbi. 1993

    Dan is daar natuurlik volbloed kommentare.
    Op Romeine:

    Op Efesiërs:

    • Lincoln, Andrew T. Ephesians WBC 1990
    • Bruce, F. F. The Epistles to the Colossians, to Philemon, and to the Ephesians NICNT
      1984
    • Foulkes, Francis Ephesians TNTC 1989
    • Stott, John R. W. The Message of Ephesians BST 1991
    • Fowl, S. E. Ephesians: A Commentary. Westminster John Knox Press 2012
    • Roberts, J. H. Die brief aan die Efesiers. N G Kerk-Uitgewers. 1990
    • William Barclay http://www.dannychesnut.com/Bible/Barclay/Galatians%20and%20Ephesians.htm