• Home

Matt 13:1-9, 18-23 – Son 13 Jul 08

Teks agtergrond

Matteus 13:1-9, 18-23

Hierdie teks is baie bekend – dalk té bekend, met die gevolg dat ons dit nie meer nuut hoor nie. Markus is die oudste evangelie.  Matteus en Lukas gebruik Markus tot ‘n groot mate as bron.
Gevolglik sal dit die moeite loon om te kyk hoe Matteus verskil van
Markus, want die verskille is nie om dowe neute daar nie; Matteus wou
waarskynlik iets spesifiek daarmee sê.

Continue Reading

Bedieningsplan 2012

Inleiding

Die Bedieningsplan is ‘n samevatting van hoe die Kerkraad tans die Here se wil rondom die gemeente se bediening onderskei.  Inligting oor ons missie kan onder “Oorsig” gevind word.  Daar is ook inligting oor die patrone van gestuurdheid wat vir ons belangrik is.

Fokusareas

Inleiding

Die Kerkraad bepaal die fokus van die gemeente se bediening, sodat die gemeente in lyn bly met die missie wat ons van die Here ontvang het.

Om volhoubare verandering teweeg te bring, werk die Kerkraad met die onderstaande model

1. Aanpasbare Verandering

Ons glo ware verandering gebeur wanneer ons werk aan dié dinge wat onder die lyn lê, wat onsigbaar is.  Hoewel skuiwe aan die “hoe” van die bediening verandering teweeg kan bring, sal dit altyd minimaal wees.  Werklike, volhoubare groei gebeur wanneer ons aandag gee aan ons roeping en waardes.  Gevolglik kies die Kerkraad om op die gestuurde patrone te fokus en te besin oor die visie en waardes wat onder die werk lê wat ons reeds doen.

2. Model

Die Kerkraad en verskillende bedieninge gebruik deur die loop van die jaar telkens die volgende model om te besin waar die Gees tans met ons werk en hoe ons gaan groei in die verskillende fokusareas:

Dit beteken dat elke kommissie / bediening by hulle byeenkomste kyk na die fokusarea vir daardie kwartaal en dan vier vrae vra:
a. Waarmee is God besig?  Waar sien ons dat hierdie patroon geleef word?
b. Waar kan ons dit verder uitbou?  Waar het die Here reeds ruimtes geskep wat ons kan benut vir die proses?
c. Hoe moet ons dit doen?
d. Wat het ons nodig om dit te doen?

 

Om werklike, aanpasbare verandering te bring, is dit nodig dat ons nie net bokant die oppervlak, aan die sigbare, verander nie, maar dat ons ook onder die oppervlak na die waardes en roeping wat onderliggend funksioneer, kyk.  Ons weet dat daar vier maniere is waarop visie en waardes sigself uitdruk:

Om dus ‘n visie deel te maak van die kultuur van ‘n gemeente, word daar begin by taal:  die visie word verwoord.  Dan word daar basiese vaardighede aangeleer, die waardes word gemodelleer en uiteindelik word die visie geïntegreer, dus deel van die gemeente se gewoontes.

Wanneer vraag (c) gevra word: “Hoe moet ons dit doen?”, word daar bepaal of daar gewerk moet word aan taal, vaardigheid, waardes of gewoontes.

Fokus 2012

Fokusareas

Die Kerkraad identifiseer die volgende fokusareas vir 2012 (met die primêr verantwoordelike groep in hakkies):

  • Jeug en Families (Bedieningsraad, Klema)
  • Onbetrokke lidmate (Hele Kerkraad, maar as spesifieke fokus van die Ouderlingeraad)
  • Koinonia (Kerkraad)
  • Pastoraat (Bedieningsraad, Ouderlingeraad)
  • Groei/Kommunikasie (Kerkraad)
  • Finansies (Bestuursraad)
  • Kleingroepe (Kleingroeperaad)
  • Hulpverlening (Bedieningsraad)
  • Gebed (Kerkraad)

 

Mylpale

Ons wil graag eenheid in ons bediening bring deur te fokus op Mylpale.  Die gedagte is dat ons as geloofsgemeenskap mylpale erken en herdenk.  Die Kerkraad onderneem om sulke mylpale onder die leraars se aandag te bring en self ook mylpale in hul bedienings-areas te vier.

Mylpale kan onder andere gevier word deur die gemeente se nuusblad, webtuiste, powerpoint, ens.  Dit is belangrik dat ons gereeld vir mekaar sê waarmee God besig is – ons kan net vier waarvan ons weet!

 

Proses

Die Kerkraad en die verskillende rade sal in 2012 gereeld vra hoe hulle aan die fokusareas aandag gegee het.  So sal daar bv. by elke Ouderlingeraadsvergadering gevra word hoe daar uitgereik is na onbetrokke lidmate.

Ons werk aan ons fokusareas volgens die model soos in 2.3 beskryf.

 

Continue Reading

November

 

connect

 

2 November 2008

09:00 Tiende Dankofferfees

Die Connect Faktor Handelinge 2:42b (Chris van Wyk)

Voorskoolse kinders: Ronelle Lloyd

Graad 4-7: Riëtte du Plessis & Ronelda van Eyck

09:30 Waltonpark

 

plato

 

9 November 2008

09:00 Nagmaal

Die Plato Faktor Hebreërs 4:12-13 & 5:11-14 (Deon Binneman)

Voorskoolse kinders: Marli Uys

Graad 4-7: Geen (Nagmaal)

09:30 Waltonpark

trampolien

 

16 November 2008

09:00 Kategese Afnaweek

Die Trampolien Faktor Efesiërs 2:3-10 (Deon Loots)

10:00 Waltonpark Nagmaal

momentum  

23 November 2008

09:00  Die Momentum Faktor Handelinge 3-4 (Rethie van Niekerk)

Voorskoolse kinders: Susan Coetzer

Graad 4-7: Charmain & Pieter Cilliers

   

30 November 2008

09:00 Kerssang- en dramadiens

 

 

Continue Reading

Kommentaar en navrae

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Dankie!

  • Avatar

    mariette

    |

    Môre-môre!

    Dankie Chris. Die reeks dra baie praktiese wenke oor en is verrykende luistergenot vir elkeen. Elke dag iets nuuts om na uit te sien!

    Seën daarop toegebid
    Mariette

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Nee, Elmarie, jy hoef nie. Ons kan 250 mense akkommodeer. Skryf net in by die deure. Baie welkom.

  • Avatar

    Prof Elmarie Venter

    |

    More Ds Chris. Ons is 3 wat wil bywoon. Moet ons nog bespreek? Groete
    Elmarie

  • Vreesloos 1

    |

    […] Pinkster-reeks se titel vanjaar is “Vreesloos”– oor geloof in ‘n tyd waar ons bang […]

  • 21 Mei 2020

    |

    […] Pinkster-reeks se titel vanjaar is “Vreesloos”– oor geloof in ‘n tyd waar ons bang […]

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Ons het vir baie lank ‘n versorgingskommissie gehad vir leraars en personeellede. Dit was persone in die gemeente wat gereeld op informele wyse met elkeen van ons kontak gemaak het, belanggestel het in wat in ons lewens aangaan, uitgevra het na uitdagings, en vir ons gebid het. Dit was benewens die diensverhoudingekommissie wat meer op die formele dinge gekonsentreer het. Die inperking het ‘n bietjie daaraan verander, maar dit was ‘n baie goeie informele sisteem van versorging.

  • Avatar

    Des Sampson

    |

    Goeie dag. Ek is voorsitter van die DVK op Hartenbos. Wat doen julle mbt die versorging van predikante en kantoor personeel?

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Dit was Rethie van Niekerk se preek. Sy het in die preek verwys na die Hebreeuse woorde.

    Die eerste reël (seën) het drie woorde, dan vyf woorde, dan sewe woorde.  15, 20, 25 konsonante (onthou ʾ is ook ‘n konsonant).  11, 13, 16 lettergrepe (ek het weer getel, en dit is die korrekte aantal).

    24 yĕbārekkā yĕhwâh wĕyišmĕrekā
    25 yāʾēr yĕhwâh pānāyw ʾēlêykā wîyḥunekā
    26 yiśāʾ yĕhwâh pānāyw ʾēlêykā wĕyāśēm lĕkā šālôwm

    Hoop dit maak sin.

  • Avatar

    Annemarie vn Zyl

    |

    NUM 6; GOD SE SEEN, Goeiemore
    Ek het vanoggend hierdie Bybelstudie gedoen en dit was wonderlik. Die deel DIE TEKS verstaan ek egter glad nie. ek kry die aantal woorde reg maar glad nie die konsonante en lettergrepe nie. Ek verstaan ook nie die doel van hierdie deel nie, tensy jy wil bewys dat dit menslik amper onmoontlik is om die seen so te skryf, met die spesifieke aantal konsonante en lettergrepe sonder God se ingryping.. ek sal dit waardeer as iemand die deel in kort vir my verduidelik Baie dankie Annemarie van zyl.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Dankie Corrie! Mooi jaar vir jou.

  • Avatar

    Corrie

    |

    Ds. Chris, soos altyd ń opbeurende en positiewe bydra deur U, vir die toepassing deur die kinders van God. Selfs hulle wat Hom nog nie as hul Saligmaker en Verlosser aangeneem het nie, sal baat by diė insetsel. Ek vra dat God se seën op U sal rus.

  • Avatar

    C Joubert

    |

    Inspirerende en besielende boodskappe

  • Avatar

    Sonja Lizemore

    |

    Beste Ds Chris.
    Net n GROOT DANKIE vir die liedere. Dit is baie spesiaal.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Carol, jy is reg, dit is ‘n kosbare insig! Ek het ook onlangs gepreek oor die inwonende Christus, as jy meer wil lees. Baie seën.

  • Avatar

    Carol

    |

    Baie dankie vir die eerste keer in my lewe besef ek nou wat my probleem is. Ek het nog nie vir JESUS in my ontdek nie dis geen wonder dat my verhouding met JESUS nêrens kom nie. Geen ontmoeting geen kennis of wysheid en GEEN GROEI.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Annelize – ons hou dienste in die kerkgebou (Louis Bothasingel 177, Somerstrand) om 09:00 Sondae tegelykertyd met ons Youtube erediens ook om 09:00. Ons het ook ‘n meer informele Youtube erediens – Pulse – wat van 11:00 af op ‘n Sondag beskikbaar is. Ter wille van die personeel se verlof sal ons DV van 27 Desember tot 24 Januarie nie fisiese eredienste in die kerk hê nie, net die Youtube erediens 09:00. Dié dienste word weer hervat van 31 Januarie af sowel as moontlik ‘n aanddiens om 18:30. As jy hier is, maak ‘n afspraak dat ons jou kan verwelkom. My sel is “nul agt twee 5749191”. Groete, Chris van Wyk.