Skip to main content

Oujaarsdiens Donderdag 19:00 – U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad

Psalm119-noenMaandag in Die Burger haal Bun Booyens vir Cyril Ramaphosa aan oor die Grondwet: “In tye van emosie en onrus kan ons lus wees om die reëls wat ons so versigtig saamgestel het, op te skeur.” Maar, het Ramaphosa gesê: “Dit is daardie reëls, en ons toegewydheid om dit te beskerm, wat ons in staat stel om saam te werk om ’n regverdiger samelewing te skep.

Ek wil by Somerstrand se Oujaarsdiens by dié gedagte aansluit. Ons as gelowiges het immers ook ‘n grondwet, die Bybel as die Woord van God. Ek wil fokus op Psalm 119 wat stellig verklaar dat dit goed gaan met dié wat wandel volgens die Woord van die Here.

Nie dat dit jou vrywaar van gevaar nie. Ons bly immers juis gehoorsaam IN gevaar, soos die preekteks in Psalm 119:105-112 uitspel: “U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad … My lewe is gedurig in gevaar, maar u wet verontagsaam ek nie.

Kom sluit Donderdagaand saam met ons 2015 af met ons Oujaarsdiens om 19:00 en gaan die Nuwejaar 2016 in met nuwe ywer en inspirasie vanuit God se Woord.

Hier is die skakel na die erediens.

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.