Openbare Belydenis van Geloof

Die openbare belydenis van geloof is ingestel om aan verbondskinders die geleentheid te gee om persoonlik voor God en die gemeente rekenskap te gee van hulle geloof.  So antwoord hulle op God se beloftes in die doop.  

Om belydenis van geloof af te lê, beteken dat jy met die mond bely wat jy ook met die hart glo, naamlik dat Jesus die Here is.  Dit is ’n belofte wat jy maak om alleen op Hom te vertrou, om te lewe volgens sy Woord, getrou deel te neem aan die erediens en aan alle aktiwiteite van sy kerk, om te volhard in die gebed en om God op alle terreine van die lewe deur woord en daad te verheerlik. 

Baie geluk aan elkeen wat vandag Belydenis van Geloof aflê! Mag julle in die goeie wedloop van die geloof al julle kragte inspan, soos God julle geroep het en julle vanoggend die belydenis voor die gemeente aflê (1 Tim 6:12, Heb.10:24).  Ons bid dat die Here jul elkeen sal seën en dat jy jou hele lewe lank binne Sy wil en tot Sy eer sal leef.  

Belydenisgroep 2012

Justin Theunissen, André Puren, Jopie Fourie, Lafras Taljaard, Bernard Venter, Schoeman Oosthuizen

Olga de Wet, Jessica de Bruyn-Smith, Trisha Redelinghuys, Charissa Potgieter, Lisbé Els, Anja Nell, Karien Venter, Greer Bower, Regardt Potgiter

Henko de Jager, SP Engelbrecht, Neil Honeycomb



     

Trackback from your site.

Leave a comment