OP PAD MET GOD 2019 – Dissipelskap vir vandag
By OP PAD MET GOD kyk ons op ‘n vars en nuwe manier na geloof en dissipelskap, en na die inhoud van ons lewenspad saam met God. Dit behels gewoon ‘n hand-aan-hand stap saam met Jesus op ‘n innerlike reis saam met God en op ‘n roete wat Hy uniek in ‘n mosaïek vir ons elkeen persoonlik beplan het.
Met die saam-lees van die Bybelis daar verrassende wyses hoe geestelike gewoontes – ook dissiplines genoem, jou kan help om te begin verstaan WIE God is en HOE God is, en om die werklikheid van God in jou daaglikse lewe te kan raaksien en beleef.
Jy gaan ontdek op watter wyses God praat en veral hoe Hy met jou praat, asook wat Sy wil vir jou lewe is. Op hierdie geestelike reis kry ’n ontmoeting-met-Hom en ’n aanraking-deur-Hom ‘n héél nuwe inhoud. Vervolgens kan jy vind dat jy in jou gees ervaar dat die Gees van Christus jou immer bybly en met jou gees resoneer, asook dat dit jou bly bekragtig om saam met Jesus te leef.
OP PAD MET GOD is vir elkeen wat geestelik wil groei, na ’n nuwe lewensvisie verlang, ‘n geestelike tuiste soek, ‘n afplatting ervaar, en/of ’n ware soeke na God het. Ons reis dus rustig saam met behulp van die onderstaande geestelike gewoontes. Daarvoor benodig jy net jou Bybel en A4-skryfboek.
Hier is sommige gewoontes waarvan jy die volgende jaar of twee saam met ons sal kan leer:
- Bybelstudie: gebruik jou Bybel – God praat eerstens deur Sy Woord, en dit rig jou dag en ook jou gedagtes; lees liefs planmatig of tematies, en om leergierig te wees is ‘n bate.
- Joernaal: maak gerus voortdurend notas: in jou stiltetyd, by jou kleingroep en sommer ook op jou geestelike pad soos met ‘n preek, of ‘n praatjie oor die radio, of as jy ‘n lesing bywoon.
- Kringwees: met die saamkom leer jy om jou fokus na God skuif en weg van jouself en/of jou pyn, en weg van ander of sake wat voortdurend jou aandag eis, sodat jy:
* tot stilstand kan kom en sal stilsit en stilbly, en tot rus kan kom;
* ontvanklik sal wees met ‘n leersame gees / teachable spirit;
* in afwagting op God is: sê dit vir Hom, vra Hom, selfs roep na Hom, of pleit by Hom…;
* vind wat voorop in jou gedagtes is en dit vir God gee – deur dit eenkant neer te skryf en te fokus;
* sal dink oor hoe jy God ervaar, Hom raaksien in die natuur en eintlik alles, en Hom hoor;
* jou aandag sal bepaal by die kring / stiltetyd en ook by die geloofsgewoonte wat op daardie oomblik gebruik word (byvoorbeeld dank, lof, Bybel lees, voorbidding).
* elk ander in die groep beurte vir deelname sal gun en sal respekteer – deur dan stil te bly en te luister, en hiermee in gedagte is ‘n ideale grootte vir ‘n groep 5 to 8 lede.
- Eie stiltetyd: daarvoor is die kring se aktiwiteite soos hierin ‘n praktiese riglyn en kan jou sinvol help.
- Afsondering: kies by jou huis ‘n vaste tyd en ‘n stil plek vir jou binnekamer en afspraak met God, en so ook vir die kleingroep in die week.
- Danksegging: leer dankbaar wees vir wat God vir doen en gee, en om uit daardie dankbaarheid te leef.
- Gebed: kom voor die Here en praat net gewoon met Hom; leer om gefokus in die gesprek te bly, doen voorbidding, bid volhardend en wees ‘n intersessor; jy kan ook onder die leiding van die Heilige Gees leer verstaan wat vas-en-gebed is.
- Kommitment: dit begin met jou daaglikse afspraak met God, en weeklikse afspraak met jou kleingroep en behels/betrek verder eintlik alles wat jy doen en by betrokke is.
- Eenvoud: dit is die opregtheid en ongekunsteldheid in die wyse van jou aanbidding, en selfs die eenvoud van wat en hoe jy aantrek, koop, eet en leef – dus jou hele lewenswyse.
- Lofprysing: loof God vir WIE en HOE Hy is; jy kan dit op baie maniere vir Hm sê, noem en tot uiting bring, en met die fokus op God alleen!
- Aanbidding: kom voor God / be in awe, buig voor Hom en verwonder jou oor God – dink na of terug oor wat jy al beleef het, of sit net in liefde aan Sy voete – in stilte; aanbid Hom.
- Belydenis: kom voor God om Sy lig oor jou lewe te laat skyn en praat met Hom daaroor;
* kyk wat dit is wat afstand bring tussen God en jou;
* Jesus is jou rolmodel; kyk in ootmoed op vra God om jou te begelei oor waar jy tekort skiet of wat jou vashou of verblind;
* ervaar berou en bely presies dit waarvan jy weet, of wat in jou gees vir jou duidelik is;
* wanneer jy dan opstaan en uitstap, kan jy oorwinnend deur die Gees daaroor gaan leef;
* soms is heling nodig – wat ‘n spesifieke pad saam met God en ‘n mentor kan wees.
- Getuienis lewer / witnessing: deel met ander wat die pad is wat die Here met jou loop en geloop het.
- Bediening / ministry: God wil jou en jou talente gebruik, en deur die salwing van Sy Gees sal jou bediening in Sy diens staan en bydra by tot uitbreiding van Sy Koningkryk.
- Viering / celebration): jy is op ‘n vreugdepad (joy); so eet saam en kuier saam, en skep geleenthede waar jy jou getuienis / testimony kan gee en leef.
- Koinonia / fellowship: jy is deel van ’n groter geloofsgemeenskap, en sal gevolglik dan eredienste, gemeente-byeenkomste, -etes, -bidure, -uitreike en diensterreine na waarde ag.
- Rentmeesterskap: gee (tiendes) van jou tyd, energie en geld (eintlik van jou hele lewe) aan God jou Skepper en Vader terug; let op die motief daarmee – praat met God daaroor en vra leiding.
- Mentorskap: heg waarde aan geestelike mentorskap van die groepleier en ander geestelike leiers – ‘n mentor is saam met jou op pad en help byvoorbeeld met selfinsig en motivering, en help ook om die rol van geestelike leierskap / submission te verstaan;
* lees verder geestelike boeke en luister geestelike radioprogramme en musiek, en eweneens op TV – dit kan verrykend en opheffend wees,
* ‘n geestelike skrywer kan ‘n mentor en ‘n belangrike skakel op jou geestelike pad wees, waarna jy dan weer op jou beurt die aflosstokkie kan aangee.
Lees verder oor geestelike gewoontes in Spiritual Disciplines Handbook van Adele A. Calhoun.
Lees gerus ook ander geestelike boeke soos byvoorbeeld van skrywers soos Joyce Hugget, Philip Yancey, Richard Foster, Gordon MacDonald, Watchman Nee, Bill Hybels, Thomas Keating, Henri J.M. Nouwen, C.S. Lewis, Jan Johnson, John Ackerman, Eugene Peterson, Ben Camble Johnson, Larry Crab, en in Afrikaans ook van Willem Nicol, Dirkie van der Spuy en Ferdinand Deist.
Carol
Baie dankie vir die eerste keer in my lewe besef ek nou wat my probleem is. Ek het nog nie vir JESUS in my ontdek nie dis geen wonder dat my verhouding met JESUS nêrens kom nie. Geen ontmoeting geen kennis of wysheid en GEEN GROEI.
Chris van Wyk
Hi Carol, jy is reg, dit is ‘n kosbare insig! Ek het ook onlangs gepreek oor die inwonende Christus, as jy meer wil lees. Baie seën.