Skip to main content

Op pad met God 2018

By OP PAD MET GOD, Maandagmiddae om vieruur, kyk jy op ‘n vars en nuwe manier na geloof.  Ons lees saam die Bybel, en vind verrassende wyses waarop geestelike gewoontes jou kan help om die werklikheid van God in jou lewe raak te sien en te beleef. Jy kan leer hoe God met jou praat, wat Sy wil vir jou lewe is, en hoe Hy jou wil gebruik. In die lewe saam met God ons Vader kry ’n ontmoeting-met-Hom en ’n aanraking-deur-Hom ‘n héél nuwe inhoud. Vervolgens ervaar jy in jou gees dat die Gees van Christus jou voortdurend bybly, en dat Hy jou bekragtig om elke dag saam met Jesus te leef.

OP PAD MET GOD is ‘n saamloop-met-Jesus op die innerlike reis wat God uniek uitgelê het vir jou eie mosaïek. Dit is bedoel vir elkeen wat geestelik wil groei, ’n nuwe lewensvisie of geestelike tuiste soek, ‘n lugleegte of afplatting ervaar, en/of ’n ware soeke na God het.

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.