Ons wil laat doop
Baie geluk met die kleinding! Ons het nie spesifieke Doopsondae nie. Lidmate* wat hul kinders wil laat doop, moet vroegtydig (minstens ’n maand voor die tyd) reël met die leraar wat die doop gaan behartig. (Kontak die kerkkantoor om uit te vind wie preek op die Sondag wat julle wil doop.)
Die leraar sal dan ’n afspraak maak vir ’n doopgesprek, praktiese reëlings bevestig en reël vir Kerkraadstoestemming vir die doop. Sorg asb. solank vir ’n kopie van die geboortesertifikaat en ’n foto van die baba wat gedoop gaan word vir gebruik in die kerk.
Foto’s van babas/dope sal op ons Facebook-blad geplaas word alleen met die ouers se toestemming.
*Ouers wat nie lidmate is van Somerstrand Gemeente nie, maar hier wil doop, moet vooraf skriftelike toestemming van hul tuisgemeente kry en dan dieselfde prosedure volg.