Afskeid van Deon Loots

Deon Loots en gesinDs. Deon Loots emeriteer aan die einde van Julie 2014. Deon, Irma, Deoné, Joubert en Zandi het aan die einde van 1991 vanuit Zambië na Port Elizabeth verhuis nadat Deon die beroep as studenteleraar by ons gemeente aanvaar het. Sedertdien het die Loots gesin in ons harte ingekruip en ‘n groot rol in menige student se lewe gespeel. Baie mense in ons gemeente getuig veral vandag oor die groot invloed wat dissipelskap, wat deur Deon ontwikkel is, op hul lewens het. Hierdie dissipelskapbediening groei steeds en word met groot vrug deur al hoe meer gemeentes regoor die land gebruik.

Deon se vroeë aftrede is dan juis omdat hy die Here se leiding ervaar om homself voltyds aan die dissipelskap bediening te wei. Deon het sy afskeidspreek gelewer met die oggend- en aanddiens van 20 Julie 2014 waar ons gemeente ook van hom gaan afskeid geneem het.

Comment

  • Ds D Loots,ja baie seen en geniet die Werk!U is nog steeds soos n lidmaat van VGK Bloemendal

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.