NGK Somerstrand | 7 Augustus 2022 09:00 | Kerk en Youtube

Wees gereed! Lukas 12:22-48

Ek sluit vandag aan by die verhaal in Lukas 12 waar Jesus besig is om sy dissipels te bemoedig op pad na Jerusalem toe. Hy wil hulle help om hulle bekommernisse oor kos en klere agter te laat, want Hy is in staat om vir hulle lewe en liggaam te sorg. Hy moedig daarmee sy dissipels aan om nie kleingelowig te wees nie. Hulle moet in dieselfde geloof waarmee hulle hulle vertroue op Hom geplaas het, volhard, en die Here met alles vertrou. Die punt is dat jou hart is waar jou skat is. Soos die Bybel vir Kinders dit sê: “Doen net dinge wat God se hart bly maak. Dan maak julle vir julle skatte in die hemel bymekaar.” Jesus borduur verder voort op wat vir sy dissipels nodig is in ’n lewe vir die koninkryk. Hy gebruik daarvoor twee beelde en drie gelykenisse. Daarmee dwing Hy ons om diep oor ons lewe saam met Christus ná te dink. Nie net oor hierdie lewe nie, maar ook oor die toekomstige lewe.

Nuusbrief

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.