NGK Somerstrand 09:00 | 2 April 2023 | Kerk en Youtube
Jou Koning Kom, en Hy ry op ‘n donkie … so lief het God die wêreld gehad – Johannes 12:12-19
Jesus het mens geword om God se liefde in persoonlike gedaante aan mense te kom bewys, soos geskryf staan in Johannes 3:16, 17. Jesus het ‘n duur prys betaal om hierdie roeping te vervul. Dit het uiteindelik sy lewe gekos. Gedurende die Paasfees toe Jesus gekruisig is, was daar twee skares mense. Die eerste skare het op Palmsondag die goeie tyding dat Jesus die Messias is, met blydskap aanvaar en hulle klere en palmtakke op die grond gegooi en gesing: Hosanna! Die tweede skare het op Goeie Vrydag geskreeu: Kruisig Hom, Kruisig Hom!
Die vraag aan elkeen van ons is: In watter skare bevind ek myself? Moenie skrik nie: God het albei skares lief!
Kobus Prinsloo