NGK Somerstrand 09:00 | 19 Maart 2023 | Kerk en Youtube
Geesvervulling en gehoorsaamheid
Ek fokus vandag op die werk van die Gees soos Paulus dit vir ons in Efesiërs uitlê, meer spesifiek in hoofstuk 5:15-20 waar hy oor die vervulling deur die Gees praat. Maar, ek gaan begin deur eers ‘n dwarssnit deur Efesiërs te gee en te fokus op die werk van die Gees wat ons regdeur die brief lees. Dat die Gees ons as God se eiendom verseël het; dat ons steeds in ‘n stryd met die gees van hierdie wêreld is; dat ons vrye toegang het tot God deur die Gees; dat die Gees met ons praat deur sy Woord; dat die Gees ons tot ‘n eenheid saamsnoer; dat die Gees se krag in ons binneste losgelaat word; dat ons die Gees nie moet bedroef nie; dat ons met die Gees moet saamwerk. ‘n Mondvol! Ek gaan dan Efesiërs 5:15-20 gebruik om die praktyk van hierdie lewe saam met die Gees uit te spel. Ons moet leer dat Geesvervulling lei tot gehoorsaamheid; en dat gehoorsaamheid lei tot Geesvervulling.