‘n Belangrike missie! 1 Sam.16 Ligkids 13 Junie 2021

 

Kom speel vandag saam speurder op hierdie belangrike missie… ons gaan Samuel soek na ‘n nuwe koning vir Israel. Koning Saul het uitgedraai om ‘n slegte koning te wees en nou stuur God vir Samuel om iemand anders koning te maak. Maar wie sal hy kies? Samuel dink dat iemand wat lank en sterk is ‘n goeie koning sal wees. Maar God wys vir hom dat hy nie na die buitekant moet kyk nie. God wil heel eerste sien wat in iemand se hart aangaan! God kyk so na my en jou ook…wat sien Hy as hy na ons harte kyk? Ons maak vandag ons eie vergrootglas en sing ook weer lekker saam!

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.