My skape ken my stem – Johannes 10:11-18 – Familiediens Sondag 09:00 op Youtube en in die kerk

Hoe goed kan jy stemme herken? Wel, ‘n mens vergeet nie sommer die stem van jou ma of pa nie. Ook nie dié van jou kinders nie. Hoekom? Want, geleerdes sê vir ons dat daar meer as 10 unieke kwaliteite is aan elke stem. Volume, stemhoogte, vlotheid, artikulasie, en talle meer. Blykbaar is ‘n mens se stem soos ‘n vingerafdruk. Heeltemal uniek. Dit werk so met skape ook. As jy hulle nie ken nie, en hulle nie vir jou nie, sal hulle nie na jou toe kom as jy roep nie. Maar as jy hulle skaapwagter is, as jy tyd met hulle gespandeer het, as jy hulle name ken, en jy hulle roep, kom hulle dadelik. Want die skape ken die skaapwagter se stem. Dit is met hierdie algemene waarheid in gedagte dat Jesus sê Hy is die Goeie Herder. Hy ken sy skape en hulle ken sy stem.

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.