• Home
  • Nuus
  • Nuusflitse
  • Moenie vir die Duiwel plek gee nie – Familiediens Sondag 8 Augustus 09:00

Moenie vir die Duiwel plek gee nie – Familiediens Sondag 8 Augustus 09:00

Ek het verlede week vier aspekte uitgelig waar die Algemene Sinode diversiteit in standpunte toegelaat het wat tot onsekerheid en onrus in die kerk gelei het. Dit is duidelik – en die Algemene Sinode van 2019 erken dit self ruiterlik – dat hulle vasgeloop is in terme van Skrifverstaan en Skrifuitleg. Wat egter ontstellend is dat die Algemene Sinode in dieselfde asem dink dat die eenheid van die kerk nie op die spel is wanneer oor die Skrif verskil word nie. Niks kan verder van die waarheid wees nie! Die eenheid lê in die waarheid volgens Efesiërs. Eenheid lê nie in die verskille oor die waarheid nie. Dit is die punt van Efesiërs 4:1-16.

Dink maar aan die onlangse rugby reeks tussen die Britse en Ierse leeus en die Springbokke. En Rassie Erasmus wat só ernstig gevoel het oor die verskille in die interpretasie en toepassing van die reëls in die eerste toets dat hy ‘n video gemaak het om dit uit te lig. Hy gaan waarskynlik nou aan die pen ry daarvoor, maar ná sy video kan niemand met hom verskil dat dit nie inderdaad só was nie. Net maar deur te sien hoe die twee kapteins nie met dieselfde respek hanteer is nie, wys dit al vir jou helder uit. Geen wonder die tweede toets wat ‘n perd van ‘n ander kleur nie. Want, die skeidsregter het bykans alle beslissings reg hanteer. En baie spesifiek ons kaptein Siya Kolisi met respek hanteer het. Dit was groot lekkerkry vir ons sportmal land se bevolking.

Nou, hoe moet ‘n mens oor hierdie debat dink?

Ek dink op twee maniere.

Die eerste is dat die verskille ‘n goeie ding is. Dit het ‘n suiwerende effek. Talle gemeentes en leraars begin hulle stem laat hoor. Die gesprekke en debatte kring uit sodat daar omtrent nie ‘n dag is wat daar nie een of ander brief of bydrae êrens in die media verskyn nie.

Die tweede is dat die verskille ‘n slegte ding is. Dit het ‘n verdelende effek. Dit gee die Duiwel vastrapplek in ons geledere sodat hy met sy leuens en misleiding onvrede en onrus kan saai.

Dit is presies hoe hy in die gedaante van ‘n slang die eerste mensepaar in sonde laat val het:

“Is dit werklik só dat God gesê het …” (Gen 3:1; 2 Kor 11:3; Openb 12:9).

Dit is presies hoe die Duiwel vir Jesus in die woestyn verlei het:

“As u die Seun van God is …” (Matt 4:3, 6).

En let op dat die Duiwel in sy verleiding ook een keer die Skrif gebruik het deur uit Psalm 91:11-12 aan te haal om Jesus te oortuig om van die hoogste punt van die tempel af te spring, want God het tog sy engele beveel het dat Hy nie sy voet teen ‘n klip sal stamp nie. En Jesus het elke keer met die regte gebruik van die Skrif gekom om die versoeking te weerstaan.

“Daar staan geskrywe …” (Matt 4:4, 7, 10).

Kom luister verder na wat Paulus ons in Efesiërs 4:17-5:5 wil leer oor die eenheid wat in die waarheid gesoek moet word.

     

Trackback from your site.

Comments (3)

  • Avatar

    Alwyn Du Plessis

    |

    Môre Chris .Help asseblief. Hoekom verkry die duiwel sterstatus in 2920 Bybelvertaling met ‘n hoofletter D Efesiers 4:27
    Groete

    Reply

    • Avatar

      Alwyn Du Plessis

      |

      Askies 2020 vertaling Nie 2920 nie

      Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Ek weet nie regtig die rede nie. Die 2020-vertaling vertaal al tien voorkomste van Duiwel in die NT regdeur met ‘n hoofletter. Dit is nogal vreemd met die “die” vooraan.

      Reply

Leave a comment

Kommentaar en navrae

  • Avatar

    Radie Rademeyer

    |

    Goeie dag
    Ek is n 79 jare oue mans persoon gesond sterk en baie gesond Ek sal baie graag by iemand wil bly wat hulp nodig het met vervoer om takies te verrig te help waar ek kan inslaap
    My naam is Radie Rademeyer kontak nommer 0732641032 verwysings beskikbaar

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Die probleem is dat eiename gewoonlik nie “die” vooraan het nie. Miskien moet mens dit as ‘n titel beem, want dsn maak die “die” sin. “Die Christus.” “Die Duiwel.”

  • Avatar

    mariette

    |

    ‘n Goeie môre vanuit en van die Baai se tipiese dae….
    Ernst sê:
    “Die gebruik van die hoofletter het met “sterstatus” eintlik bloedweinig te doen – wel met die spelreël in die AWS wat bepaal dat eiename so geskryf word. Vgl ook “die Bose” in Mat 13:19.”
    Persoonlik glo ek dat die betrokke vertalings ook maar saamhang met die ‘geloofsoortuiging’ van die betrokke partye, soos gees of met die hoofletter by Gees – soos dit in Johannes 3,en veral by 4:23-24, vertaal word.

    ‘n Baie geseënde dag toegewens, met ‘n hand-aan-hand se stap saam met Jesus in jou gees.

  • Avatar

    Mariette

    |

    Lekker as iemand so wakker loop, Alwyn.
    Ek het julle twee se opmerkings vir Ernst (Kotzé) aangestuur. Dan hoor ons bietjie wat hy sê.
    Seëngroete

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Ek weet nie regtig die rede nie. Die 2020-vertaling vertaal al tien voorkomste van Duiwel in die NT regdeur met ‘n hoofletter. Dit is nogal vreemd met die “die” vooraan.

  • Avatar

    Alwyn Du Plessis

    |

    Askies 2020 vertaling Nie 2920 nie

  • Avatar

    Alwyn Du Plessis

    |

    Môre Chris .Help asseblief. Hoekom verkry die duiwel sterstatus in 2920 Bybelvertaling met ‘n hoofletter D Efesiers 4:27
    Groete

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Ons gaan voort met daardie diens. Marlein van Deemter hanteer dit.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Oor die “ware” vertaling. Elke vertaling het sy waarde. Die 1983-vertaling is in makliker Afrikaans, maar meer onakkuraat. Die 1953-vertaling is ouer Afrikaans, maar baie na aan die oorspronklike teks. Die 2020-vertaling is meer moderne Afrikaans, maar ‘n meer direkte vertaling van die oorspronklike teks. Ek gebruik self nou die 2020-vertaling, maar lees ook graag in die ESV en die NET Bible. Kyk op Youversion se Bybeltoepassing.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Francois, dit is die 2020-vertaling van Bybelgenootskap. Jy kan dit gratis lees by https://biblesa.co.za/ of op hulle toep.

  • Avatar

    Francois Smith

    |

    Geagte Dr Chris van Wyk : ek het na U video geluister “WAARHEID vs DWALLEER , en omdat ek self ook in ons Wonderlike Vader Almagtig se Woord leef, het ek na die video tot die slotsom gekom dat die leiers in die Algemene Sinode ons Wonderlike Vader Almagtig GLADNIE KEN NIE , want net onkundige nie-weergebore mense kan die besluite neem wat hulle neem, soos U ons dit onder die aandag gebring het. Dr Chris, ek wil net weet uit watter Afrikaanse Bybel Vertaling leef en werk U , want ek herken nie die Woord wat U op die video gegee het. Ek het by Kairos Netwerk aangesluit om deel te wees van die soeke om die NG Kerk te stig in die volmaakte waarheid van ons Wonderlike Vader Almagtig, en dit was dan ook op Kairos Netwerk se whatsapp-groep lommunikasie waar ek hierdie week U genoemde video gesien het. Daar is 5 Afrikaanse Bybels op die mark, en meer as 360 Engelse Bybels…….WAT is volgens U die WARE Afrikaanse en Engelse Vertaling van al hierdie Bybels? Elke mens het ‘n unieke vorm van SPRAAK(Joh 8:43,44), en dan ook nog meer ons Wonderlike Vader Almagtig, dan ontstaan die HOE kan ons Vader Almagtig MEER as EEN vorm van spraak he’, vanwee al die verskillende vertalings? WIE in die Leierskap van die Kerklike Denominasies, KEN NIE die WARE SPRAAK van ons Wonderlike Vader Almagtig ? Daarom my vraag aan U, want indien ons die Evangelie van ons Vader Almagtig verdraaid aan mense verkondig, SAL hulle BLOED op ons hoofde wees. Vrede en liefde in Christus Jesus het ek vir U en die mede Gelowiges. Amen.

  • Avatar

    brian strydom

    |

    sal plasing van studente verblyf advertensie voortgaan?
    die dame wat oorbodig verklaar is was onseker
    mooi loop. Brian

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Dankie!

  • Avatar

    mariette

    |

    Môre-môre!

    Dankie Chris. Die reeks dra baie praktiese wenke oor en is verrykende luistergenot vir elkeen. Elke dag iets nuuts om na uit te sien!

    Seën daarop toegebid
    Mariette

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Nee, Elmarie, jy hoef nie. Ons kan 250 mense akkommodeer. Skryf net in by die deure. Baie welkom.

  • Avatar

    Prof Elmarie Venter

    |

    More Ds Chris. Ons is 3 wat wil bywoon. Moet ons nog bespreek? Groete
    Elmarie

  • Vreesloos 1

    |

    […] Pinkster-reeks se titel vanjaar is “Vreesloos”– oor geloof in ‘n tyd waar ons bang […]

  • 21 Mei 2020

    |

    […] Pinkster-reeks se titel vanjaar is “Vreesloos”– oor geloof in ‘n tyd waar ons bang […]

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Ons het vir baie lank ‘n versorgingskommissie gehad vir leraars en personeellede. Dit was persone in die gemeente wat gereeld op informele wyse met elkeen van ons kontak gemaak het, belanggestel het in wat in ons lewens aangaan, uitgevra het na uitdagings, en vir ons gebid het. Dit was benewens die diensverhoudingekommissie wat meer op die formele dinge gekonsentreer het. Die inperking het ‘n bietjie daaraan verander, maar dit was ‘n baie goeie informele sisteem van versorging.

  • Avatar

    Des Sampson

    |

    Goeie dag. Ek is voorsitter van die DVK op Hartenbos. Wat doen julle mbt die versorging van predikante en kantoor personeel?