• Home
  • Getuienis
  • Met ‘n mop en ‘n skoppie in diens van die Koninkryk

Met ‘n mop en ‘n skoppie in diens van die Koninkryk

Tydens die pas-afgelope stakings het ons lidmate op verskeie plekke ingespring en begin help – hande en voete gegee aan die evangelie. 

Ds. Christo van Heerden, wat die hulp gekoordineer het, skryf:

Hoe sê mens dankie vir die Leier van die kerk? Die afgelope twee weke was dit net ongelooflik om te sien hoe verskillende gemeentes en bybelstudiegroepe, reg oor die stad,op presies die regte tyd reageer. Die Heilige Gees het gesorg dat daar altyd mense was om te kom help. Mense het op verskillende vlakke in gehoorsaamheid leiding geneem en gekom om te help, dankie vir elkeen wat inisiatief geneem het. Daar het soveel mense oor jare gewerk aan die inter-kerklike verhoudinge, skielik het al die deure oopgegaan en netwerke ingeskop, dankie vir die volharding van elkeen van julle.

Die kersie op die koek was toe een van die “volunteers”, Christa Koen, in haar eie netwerk begin reel het om Sondag geskenkpakkies in die hospitaal uit te deel. Ek haal aan, “Ons kon genoeg goedjies en geld inkry om goed te koop en op te maak vir 160 “gewone” ; 30 Diabetiese en 40 kinder pakkies.  Ons het dit gister-oggend na die ontbyt sessie op 3 van die vloere uitgedeel en na die tyd na die pediatriese saal vir die kindertjies gaan gee – die smiles op daai gesiggies was sooo groot!  Selfs oues van dae het dit vreeslik waardeer.  Daar is nog genoeg kinderpakkies oor om weer uit te deel en ‘n paar rolletjies suiglekkers, wat ons volgende keer kan gebruik.”  Sy wil graag hierdie inisiatief voortsit so as iemand wil help, kontak [NG Somerstrand se Kerkkantoor]

Ek is baie gevra wat my gemotiveer het om hierdie projek te begin. ‘n Mens sou baie dinge kon noem, maar ek wil die Global Leadership Summit uitsonder. Vir die afgelope paar jaar is die tema, “Lead where you are.” Die lewensveranderende verhale van mense wat presies dit gedoen het en die vrug daarvan op die samelewing, was elke keer verstommend. Toe ek die nood in die hospitale gesien het, het ek duidelik besef, hier is die kerk in PE se “oomblik van waarheid.”  Dit was asof al die stories en inspirasie van jare relevant geraak het en die Here het ons almal op die “ride of a lifetime” geneem. Na die verstommende leierskap en insiatief wat ek die afgelope tyd gesien het, glo ek God wil op baie vlakke vorentoe beweeg met sy kerk. As jy nog nie ‘n Global Leadership Summit bygewoon het nie, het jy ‘n kans op 8-9 Oktober. Vir my is dit al soos ‘n jaarlikse “familie re-unie” hoop om elkeen van julle daar te sien.

Een van ons ouderlinge, Eleanor van Niekerk, vertel van hul wedervaringe:

Ek en Suzaan ontvang ‘n e-pos van Chris i.v.m. hulp by die hospitale. Die Here praat duidelik met ons.   Maar sjoe, ons het almal ‘n goeie idee hoe dit lyk en omstandighede by Livingstone en Dora Nginza is.  Nie lank na die eerste e-pos ontvang ons nog ‘n e-pos dat daar ook hulp nodig is by die Provinsiaal.   Dadelik is ons meer positief en ons sal veel eerder by Provinsiaal gaan help, mos baie beter daar.

 Oppad soontoe bespiegel ons watter werk vir ons wag en vertel van die nagmerries wat ek die vorige  aand gehad het; onder andere dat ek, nadat ek by die hospitaal gehelp het, met luise wat sommer  sulke spinnerakke oor my voorkop gelaat het. Kan jy glo luise wat spinnerakke maak!! Maar so lag-lag is ons oppad, natuurlik die onsekerheid wat op ons wag wat ons so laat giggel.

 Kom daar, word ons dienste nie benodig aangesien daar al genoeg helpers opgedaag het. Ons word  gevra om na die Gesondheidsdepartement te gaan om daar te help. Oppad soontoe lag ons  nou nog meer, want nou gaan ons mos lekker adminwerk doen; daar is mos nie pasiente by die  departement nie. Ons meld aan by die spesifieke persoon en word geneem na die raadsaal om  daar vir iemand anders weer te wag. So gesels ons tog te lekker en wonder watter werkies ons hier  gaan doen. Suzaan se woorde: “Ek gee nie om om heeldag telefoon te antwoord nie”. Die dame arriveer  toe met ‘n stukkie papiertjie in haar hand en uiter die volgende woorde: “GEE JULLE OM OM BY  LIVINGSTONE TE GAAN HELP AANGESIEN DAAR NOG BAIE HULP BENODIG WORD?” Ons kon nie glo wat  ons hoor nie, ons het amper uitgebars van die lag voor die dame, maar ons is mos mooi grootgemaak.  Net daar en dan besef ons dit is nie waar ons wil help nie maar waar die Here ons van die begin  af wil gebruik het en ons het dit probeer side-step; met ‘n reuse mislukking.

Eers toe ons in die motor weer klim oppad na Livingstone begin ons weer lag maar die meer senuwee-agtige laggies; want ons besef nou wat min of meer op ons wag. Lang storie kort te maak; dit  was toe glad nie so erg nie. Ons het vloere gewas.   Dit was definitief ‘n wonderlike geleentheid om ons dienste te lewer rondom siek mense wat ook maar  net afhanklik is van ander mense.

Ons dank ons hemelse Vader wat ons gebruik om ander te kan help in tye van nood.

Lees die brief van die Senior Mediese Superintendent van die Gesondheidsdepartement hier.

     

Trackback from your site.

Leave a comment

Kommentaar en navrae

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Dankie!

  • Avatar

    mariette

    |

    Môre-môre!

    Dankie Chris. Die reeks dra baie praktiese wenke oor en is verrykende luistergenot vir elkeen. Elke dag iets nuuts om na uit te sien!

    Seën daarop toegebid
    Mariette

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Nee, Elmarie, jy hoef nie. Ons kan 250 mense akkommodeer. Skryf net in by die deure. Baie welkom.

  • Avatar

    Prof Elmarie Venter

    |

    More Ds Chris. Ons is 3 wat wil bywoon. Moet ons nog bespreek? Groete
    Elmarie

  • Vreesloos 1

    |

    […] Pinkster-reeks se titel vanjaar is “Vreesloos”– oor geloof in ‘n tyd waar ons bang […]

  • 21 Mei 2020

    |

    […] Pinkster-reeks se titel vanjaar is “Vreesloos”– oor geloof in ‘n tyd waar ons bang […]

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Ons het vir baie lank ‘n versorgingskommissie gehad vir leraars en personeellede. Dit was persone in die gemeente wat gereeld op informele wyse met elkeen van ons kontak gemaak het, belanggestel het in wat in ons lewens aangaan, uitgevra het na uitdagings, en vir ons gebid het. Dit was benewens die diensverhoudingekommissie wat meer op die formele dinge gekonsentreer het. Die inperking het ‘n bietjie daaraan verander, maar dit was ‘n baie goeie informele sisteem van versorging.

  • Avatar

    Des Sampson

    |

    Goeie dag. Ek is voorsitter van die DVK op Hartenbos. Wat doen julle mbt die versorging van predikante en kantoor personeel?

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Dit was Rethie van Niekerk se preek. Sy het in die preek verwys na die Hebreeuse woorde.

    Die eerste reël (seën) het drie woorde, dan vyf woorde, dan sewe woorde.  15, 20, 25 konsonante (onthou ʾ is ook ‘n konsonant).  11, 13, 16 lettergrepe (ek het weer getel, en dit is die korrekte aantal).

    24 yĕbārekkā yĕhwâh wĕyišmĕrekā
    25 yāʾēr yĕhwâh pānāyw ʾēlêykā wîyḥunekā
    26 yiśāʾ yĕhwâh pānāyw ʾēlêykā wĕyāśēm lĕkā šālôwm

    Hoop dit maak sin.

  • Avatar

    Annemarie vn Zyl

    |

    NUM 6; GOD SE SEEN, Goeiemore
    Ek het vanoggend hierdie Bybelstudie gedoen en dit was wonderlik. Die deel DIE TEKS verstaan ek egter glad nie. ek kry die aantal woorde reg maar glad nie die konsonante en lettergrepe nie. Ek verstaan ook nie die doel van hierdie deel nie, tensy jy wil bewys dat dit menslik amper onmoontlik is om die seen so te skryf, met die spesifieke aantal konsonante en lettergrepe sonder God se ingryping.. ek sal dit waardeer as iemand die deel in kort vir my verduidelik Baie dankie Annemarie van zyl.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Dankie Corrie! Mooi jaar vir jou.

  • Avatar

    Corrie

    |

    Ds. Chris, soos altyd ń opbeurende en positiewe bydra deur U, vir die toepassing deur die kinders van God. Selfs hulle wat Hom nog nie as hul Saligmaker en Verlosser aangeneem het nie, sal baat by diė insetsel. Ek vra dat God se seën op U sal rus.

  • Avatar

    C Joubert

    |

    Inspirerende en besielende boodskappe

  • Avatar

    Sonja Lizemore

    |

    Beste Ds Chris.
    Net n GROOT DANKIE vir die liedere. Dit is baie spesiaal.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Carol, jy is reg, dit is ‘n kosbare insig! Ek het ook onlangs gepreek oor die inwonende Christus, as jy meer wil lees. Baie seën.

  • Avatar

    Carol

    |

    Baie dankie vir die eerste keer in my lewe besef ek nou wat my probleem is. Ek het nog nie vir JESUS in my ontdek nie dis geen wonder dat my verhouding met JESUS nêrens kom nie. Geen ontmoeting geen kennis of wysheid en GEEN GROEI.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Annelize – ons hou dienste in die kerkgebou (Louis Bothasingel 177, Somerstrand) om 09:00 Sondae tegelykertyd met ons Youtube erediens ook om 09:00. Ons het ook ‘n meer informele Youtube erediens – Pulse – wat van 11:00 af op ‘n Sondag beskikbaar is. Ter wille van die personeel se verlof sal ons DV van 27 Desember tot 24 Januarie nie fisiese eredienste in die kerk hê nie, net die Youtube erediens 09:00. Dié dienste word weer hervat van 31 Januarie af sowel as moontlik ‘n aanddiens om 18:30. As jy hier is, maak ‘n afspraak dat ons jou kan verwelkom. My sel is “nul agt twee 5749191”. Groete, Chris van Wyk.