Skip to main content

Met ‘n kierie en ‘n koperslang

Met ‘n kierie en ‘n koperslang: Verhale van God se sorg in Numeri

 

Familiediens

  1. “In die woestyn”– 30 Julie

Die verhaal van twee generasies – Numeri 1-2, 26 – simbool: sensuslys

  1. “Die Here sal julle seën en julle beskerm”– 6 Augustus

God se seën vir ons lewenspad – Numeri 6:24-26 – simbool: Naam

  1. “‘n Onweerstaanbare lus vir vleis”– 13 Augustus

God se Almag in versoekings – Numeri 11 – simbool: kwartels

  1. “Ek sou wou wens dat Hy sy Gees op almal mag lê”– 20 Augustus

God se Inspirasie wanneer die las te swaar raak – Numeri 11, 27 – simbool: tent van ontmoeting

  1. “Hy is die betroubaarste in my diens”– 27 Augustus

God se Teenwoordigheid wanneer ons ‘n konflik van belange ervaar – Numeri 12, 17 – simbool: kierie

  1. “Die manne het ‘n slegte gerug oor die land versprei”– 3 September

God se Belofte wanneer mense ontrou raak – Numeri 13-14 – simbool: kinders

  1. “Elkeen wat opkyk, sal lewe”– 10 September

God se Aanraking vir ‘n nuwe begin – Numeri 21 – simbool: koperslang

  1. “Die leer van Bileam”– 17 September

God se Barmhartigheid in afvalligheid – Numeri 25 – simbool: spies

  1. “Die dogters van Selofgad”– 24 September

God se Regverdigheid in grys gebiede – Numeri 27, 36 – simbool: boerdery

Bestaande kleingroepe

Ons wil graag in ons kleingroepe aansluit by die reeks oor Numeri.  Die Bybelskool materiaal sal julle ook help om dieper in die boek se boodskap te delf.  Die kleingroepmateriaal sal dus aansluit by die volgende Sondag se preekteks, maar reeds die vorige Sondagoggend beskikbaar wees.

 

Nuwe kleingroepe

Ons moedig lidmate ook aan om nuwe groepe te stig vir hierdie kwartaal.  Daar sal lyste wees in die voorportaal waar julle julle name kan opskryf sodat ons julle daarmee kan help.  Julle kan ook direk met die leraars skakel.  Julle kan óf die kleingroepmateriaal gebruik óf die Bybelskool bywoon (of albei!).  Dié nuwe groepe kan aan die einde van die kwartaal self besluit óf en hóé hulle sal aangaan.

 

Bybelskool oor Numeri

Die Bybelskool hervat 24 Julie 2017 met die boek Numeri.  Skryf in by bybelskool.com/subscribe om die bydraes elke weeksdag te ontvang.  Dit is gratis.  Die eerste byeenkoms in die gemeente Somerstrand is 2 Augustus 18:00-19:00.  Die ander byeenkomste is: 7 Aug. (Maandag weens Vrouedag), 16 Aug., 23 Aug., 30 Aug., 6 Sept., 13 Sept.  Verdiep jou geloof met hierdie leesprogram.  Dit sal sewe weke duur.

 

Numeri

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.