Lydensreis saam met Jesus

HEILIGE WEEK

Kom besoek die kerk dié week van Maandag tot Saterdag 18:00 – 21:00 (6-11 April 09) en onderneem ‘n Lydensreis saam met Jesus.

Elke aand van 18:00-21:00, Maandag tot Saterdag, sal die kerk oop wees hiervoor.

  • Jy kan hier kom nadink en stil word by 12 verskillende “stasies” in die kerkgebou.
  • By elke stasie gee ons vir jou ‘n kort gebed, met ‘n kuns uitbeelding, om die betekenis van Jesus se lyding vir jouself te oordink.
  • Die gedagte is dat jy vir jouself genoeg tyd gee om hierdie “reis” te onderneem. Moenie haastig wees nie.
Stasie Een: VOETEWAS
Stasie Twee: JESUS IN GETSEMANE
Stasie Drie: JESUS VERLOËN MET ‘N KUS
Stasie Vier: JESUS VOOR PILATUS
Stasie Vyf: JESUS DRA SY KRUIS
Stasie Ses: JESUS VAL
Stasie Sewe: DIE VROUE HUIL OOR JESUS
Stasie Agt: SIMON HELP VIR JESUS
Stasie Nege: JESUS WORD AAN DIE KRUIS VASGESPYKER
Stasie Tien: JESUS STERF AAN DIE KRUIS
Stasie Elf: JESUS VAN DIE KRUIS AFGEHAAL
Stasie Twaalf: JESUS SE LEË GRAF
Stasie Dertien: JOERNAAL

 

Kunstenaars – dankie!

  • Voete was:  Brenda van Rooyen
  • Getsemane:  Alida Bothma
  • Judas se kus:  Alida Stewart
  • Jesus dra sy kruis:  Heleen van Vuuren
  • Jesus val:  Karlien Swart
  • Vroue huil:  Alida Stewart
  • Jesus aan Kruis: Jaco Potgieter
  • Jesus sterf: Anneen van Rooyen
  • Jesus van kruis gehaal: Annabelle
  • Leë Graf:  Thea van Eeden

 

     

Trackback from your site.

Leave a comment