Lukas 18 – Erediens: Ons Vader (Gebed & Geloof) – 26 Junie 2011

LAAT U NAAM GEHEILIG WORD

Verwelkoming &Afk.

Toetrede

Lied 171 Heilig, Heilig, Heilig (sit)

Votum

Ons Vader wat in die hemel is

laat U Naam vanoggend

deur ons saamwees geheilig word,

laat U koninkryk kom,

hier vanoggend in hierdie erediens.

Voed ons met u Woord

en vergeef ons ons oortredinge

soos ons ook dié vergewe

wat teen ons oortree.

En laat ons nie in versoeking kom nie,

maar verlos ons van die Bose.

Amen

Seëngroet

Lofsang

Lied 190 Grote God aan u die eer (staan)

LAAT U KONINKRYK KOM

Toewyding

Luister Fil. 4:4-9

Lied 517 (sit)

Gebed

Skriflesing

Lukas 18:1-8 &

Matt. 6:5, 7-9

Preek

Belangrik wanneer kyk Jesus oor gebed geleer,

kyk Ons Vader.

Ook ander belangrike dinge gesê –

een daarvan gedeelte Luk. 18,

onregverdige regter.

 

Baie NB deel oor gebed –

wys juis hoe gebed “werk”.

Maar ons geneig gedeelte te lees,

dink God soos regter.

 

Ek grootgeword,

ouers iets vra,

sê nee,

is finale antwoord.

Wanneer weer vra,

is antwoord pak slae.

Was altyd my vreemd,

kinders miskien nie so streng ek grootgeword,

vra, nee, weer vra…

gaan antwoord verander as genoeg aangaan?

 

Maar soms dink so oor gebed –

gebed soort aanslag op God,

ons op sy troon loods,

hom in bepaalde rigting probeer druk –

byna forseer.

 

Ons het prentjie van rigting waarin ons dink God moet beweeg,

probeer deur gebed God in daardie rigting beweeg.

 

In proses vorm in kop beeld van God

as stram,

byna onbeweeglik,

hard, ongevoelig.

Moet in gebed god so bietjie sagmaak,

totdat hy ingee,

doen wat ons vra.

 

Dis nie wat gebed is,

is nie hoe God is!

 

Gelykenis Luk. 18,

sg “kontras gelykenis”.

God is juis NIE soos hierdie regter.

 

Kyk weer,

v7:

7Sal God dan nie

aan sy uitverkorenes,

wat dag en nag tot Hom roep,

reg doen nie?

Sal Hy hulle lank laat wag?

 

Jesus sê:

as hierdie onregverdige regter ingee en vrou help –

hoeveel te meer sal Here,

wat ons liefhet,

nie hoor as ons bid,

en vinnig kom help nie!

 

Jesus sê selfde in aanloop tot Ons Vader.

God weet wat ons nodig het.

Het nie nodig sy arm te draai.

 

Wat eintlik beteken,

aan een kant,

dat God nie ons gebede nodig het.

Hy weet wat ons nodig het,

en hy gee dit in elkgeval vir ons –

dink al goed jy het,

nie voor gevra,

alles God jou mee seën.

 

Luther gesê

ons dink probleem met gebed,

ons bid, god nie hoor.

Regtige probleem,

wanneer agterkom God gebed eintlik nie nodig

om hom te beïnvloed –

hy so goed is

dat hy jou sal liefhê

vir jou sal sorg,

selfs al vra jy hom nie eers om dit te doen nie!

 

Gebed is nie om God se arm te draai nie.

 

So hoekom dan bid?

As God elkgeval weet wat nodig het,

elkgeval gee?

 

Eerste rede waarom gebed so NB,

is dat ons terwyl bid,

vir God leer ken,

agterkom wie God regtig is.

 

Soos wanneer saam met vriende kuier –

leer beter ken.

 

Terwyl bid,

sien kante van God waarvan nie geweet,

sien dat hy anders as ons gedink –

meer is,

groter as wat ons kan voorstel.

 

Terwyl bid,

ontdek dat God ons Vader is.

Ons algemeen,

hoor amper nie –

vir skrifgeleerdes skokkende ding Jesus sê –

God is eenvoudig te groot,

te heilig,

“Vader”-

eintlik “pappa” te noem.

 

Wanneer bid,

ontdek o.a. dat hierdie groot,

heilige God,

ons pappa is.

 

Tweede rede waarom bid,

is omdat ons deur gebed

nie net vir God leer ken nie,

maar ook sy wil leer ken.

 

Bid onsself as’t ware in God se wil in.

 

Terwyl bid,

ontdek dat bid

tot ONS Vader –

gaan oë oop mense rondom jou,

sien hul behoeftes raak,

tree vir hulle in.

 

Oë gaan oop vir God koninkryk rondom ons,

sien waar God werk –

sien ook plekke waar God koninkryk nié gekom het nie,

hoor God roepstem

deel te neem aankoms van koninkryk,

veral plekke waar nog nie tekens van koninkryk is.

 

So bid,

nie omdat dit iets aan God doen,

maar omdat iets aan ons doen,

omdat ons vorm,

ONS verander.

 

Netnou gesê God het nie ons gebede nodig.

Tog skrif helder dat moet bid,

EN dat gebed letterlike, reële, voelbare invloed het.

 

Jak 4:2:

Julle kry nie,

omdat julle nie bid nie.

 

Luk. 11:9

Vra

en vir julle sal gegee word.

 

1 Tes 5:17

Bid gedurig.

(OAV:  Bid sonder ophou)

 

Hoewel God nie gebede nodig het,

hoewel God elkgeval vir ons sorg,

hoor God ons gebede

luister na ons gebede –

en het ons gebede ‘n invloed!

 

Skeinat onnie:

wanneer nie verstaan,

“een van daai dinge wat jy maar net moet weet”.

 

Geloof nog erger as skeinat!

Dinge wat nie verstaan,

maar net moet weet.

 

Gebed:

God het nie gebede nodig,

sal elkgeval doen wat nodig en reg is.

Maar God luister na ons gebede,

ons gebede het invloed op wat gebeur.

Ons gebede kan ‘n verskil maak!

 

Coenie Burger sê dat ons

die gewillige God

se goeie wil

as’t ware in versnelling kan bring

met ons gebede,

sodat die wonderlike gawes van God se koninkryk,

wat hy vir ons wil gee,

vinniger en gouer

‘n werklikheid op aarde kan word.

 

Wanneer bid,

God beter leer ken,

ook God wil ken,

dan binne God wil bid,

dan is ons gebede

soort versterking van God se wil.

 

Britse Christen-wetenskaplike

sir John Polkinghorn,

eendag gesê gebed werk amper soos laserlig.

 

Hy verduidelik mens kry twee soorte lig:

gewone lig,

donker plekke verlig.

Laserlig,

soort krag uitoefen.

Albei bevat basies selfde molekules,

maar verskillend gerangskik.

 

Lig wat vir ons lig verskaf,

scattered light.

Is ligmolekules wat deurmekaar

in ‘n buis rondhardloop

en sodoende effek van lig gee

waar mee ons sien.

 

Laserlig,

sê Polkinghorn,

het krag,

kan impak maak,

maar is basies nie anders as lig in gloeilamp nie.

Selfde molekules,

maar waar lig molekules deurmekaar hardloop,

het laserlig s’n in lyn gekom met mekaar.

 

En dis waar vergelyking met gebed lê:

God se wil

kom in versnelling,

oefen krag uit,

wanneer klomp mense se wil

nie meer hot en haar rondhardloop nie,

maar bewustelik

in lyn gebring word

met God se wil.

Dan kan wonderlike dinge begin gebeur!

 

Afsluiting aanhaling Dirkie Smit:

As ons ons node

en behoeftes

in gebed

voor God bring,

ja,

soms klaend,

smekend,

vol angs,

kom ons paniekbevange harte

tot rus

deur die vrede

wat alle verstand

en logika

te bowe gaan –

en hoevele kan nie daarvan getuig nie?

 

“As die sirenes loei

en ons ons kinders teen die bors vasdruk

en afhardloop in die bomskuilings,”

so skryf Helmut Thielicke

in ‘n preek

tydens die Tweede Wêreldoorlog in Stuttgart,

terwyl die bomme letterlik val,

“fluister net ‘n oomblik in jou hart:

‘Die Vader weet, die Vader weet.’

Dan sal jul gebede verander

van die beangste geskreeu

van paniekbevange mense

na die stem van kinders

wat met hul goeie Vader praat.”

 

Voorbidding

GEE ONS VANDAG ONS DAAGLIKSE BROOD

Dankoffer

Slotlied

Lied 266 (Ons Vader) staan

WANT AAN U BEHOORT DIE KONINKRYK

Seën

Lied 312

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.