Luk 24 – Paasfees – So 4 Apr 2010

Verwelkoming

Groet

 

Jesus leef!

Hy leef!

 

Belangrikste fees eerste Christene gevier,

opstanding.

Was nuwe fees,

waarmee getuig dat radikale nuwe gemeenskap.

Hierdie fees op Sondag gevier –

enigste fees vroegste Christene gevier.

 

Nie op Goeie Vrydag gebeure gefokus,

maar op opstanding,

op nuwe werklikheid wat lewe –

en wêreld –

vir altyd verander. 

 

Vandag vier hierdie grootste van Christelike feeste –

Jesus leef!

En ons leef saam met hom!

 

Welkom hierdie fees.

 

Groet mense rondom jou, verwelkom, stel self voor, herinner mekaar:

Jesus leef!

 

(Verduidelik responsoriese votum)

Toetrede Lied 423 (staan)

 

Votum

Liturg:  Loof die Here,

want Hy is goed.

Gemeente:  Aan sy liefde is daar geen einde nie.

 

L:  Die wat die Here dien,

moet getuig:

G:  Aan sy liefde is daar geen einde nie.

 

L:  In my nood

het ek na die Here geroep,

die Here het my gebed verhoor

en my bevry.

G:  Aan sy liefde is daar geen einde nie.

 

L: Die Here is my krag

en my beskerming. 

Dit is Hy wat my gered het.

G:  Aan sy liefde is daar geen einde nie.

 

L:  Hoor die gejuig in die laer van die oorwinnaars:

G:  Die Here doen kragtige dade, aan sy liefde is daar geen einde nie.

 

L:  Die Here triomfeer.

G:  Die Here doen kragtige dade, aan sy liefde is daar geen einde nie.

 

L:  Ek sal nie sterwe nie,

ek sal lewe

en van die dade van die Here getuig.

G:  Die Here doen kragtige dade, aan sy liefde is daar geen einde nie.

 

Seëngroet

Op hierdie spesiaalste van spesiale dae,

groet in Naam van drie-enige God:

Genade en vrede vir elkeen van ons.

 

Lofsang

Lied 418 (staan)

Lied 414 (staan)

 

Viering van die Opstanding (Kindertyd)

Wie van kinders hou van verrassings?

 

Vandag, Paassondag, sien:

God spesialiseer in verrassings!

 

·        Jesus in stal gebore, nie paleis

·        eerste boodskap skaapwagters, nie koning

·        Jesus bevriend tollenaars, prostitute, nie kerkleiers

·        Jesus was dissipels se voete eerder as verwag hulle sy voete was

·        Jesus sterf in ons plek, sodat ons God se kinders kan raak

 

Vraag is: kan ons nog verras word?

 

So gewoond aan gedagte van Paasfees,

opstanding Christus,

dat gewoon raak.

 

Skepties,

sukkel dinge aanvaar nie pas ons verwysingsraamwerk.

 

NT Wright:

Hope is what you get

when you suddenly realize

that a different worldview is possible.

 

Vandag dag ons herinner oop wees God verrassings:

genesing

versoening

voorsiening…

 

Sulke ervarings – soos opstanding –

anders as ons wêreldbeeld –

gee hoop, energie –

ook moeilik!

 

Hoekom so graag opstanding wil verklaar,

regte terme.

 

Vandag uitnooi:

wees oop vir God se verrassings.

Nie probeer verklaar allerhande sosiologiese /ekonomiese teorieë:

wanneer God ons verras –

aanvaar

en vier. 

 

Kinders verrassing.

Paaseiers – simbool nuwe lewe, iets dood lyk,

Jesus in graf, gedink dood, lewe.

 

Wat doen goeie nuus?

Deel, vertel.

 

Elkeen 2 paaseiers –

een verrassing vir jou,

een verrassing vir iemand in banke,

gee,

soos wat vertel Jesus leef.

 

Lied 420:1 (staan)

 

Doopherinnering/geloofsbelydenis

Paasfees, doop –

wonder verrassing,

ons in gemeenskap God kan leef.

 

Romeine 6:

3  [Of] weet julle nie

dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is,

in sy dood gedoop is nie?

4  Deur die doop

is ons immers saam met Hom in sy dood begrawe,

sodat, soos Christus

deur die wonderbaarlike magsdaad van die Vader

uit die dood opgewek is,

ons ook so ‘n nuwe lewe kan lei.

5  Aangesien ons met Hom een geword het in sy dood,

sal ons sekerlik ook met Hom een wees in sy opstanding.

8  Ons het saam met Christus gesterwe;

daarom glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe.

 

Daarom doop vier,

nie kraan oopdraai (droogte)

dink aan doop –

Jesus leef,

Jesus leef in jou,

jy leef met hom.

 

Doop herdenk met geloofsbelydenis,

julle reageer op vrae:

(daarna sonder aankondiging sing)

 

Liturg:  Glo jy in God die Vader,

die Almagtige,

die Skepper van die hemel en die aarde?

Gemeente:  Ja, ek glo.

 

 

L:  Weet dan

 dat die Vader

 ‘n ewige genadeverbond

met ons gesluit het

en dat hy ons tot sy kinders en erfgename aanneem.

 

Glo jy in Jesus Christus,

die eniggebore Seun van God, ons Here?

G:  Ja, ek glo.

 

L:  Weet dan

dat Jesus Christus vir ons gesterf het

en dat hy ons in die gemeenskap van sy dood

en opstanding ingelyf het.

 

Glo jy in die Heilige Gees?

G:  Ja, ek glo.

 

L:  Weet dan

dat die Heilige Gees in ons woon

 en ons tot lidmate van Christus heilig.

 

Lied 292:2 (sit)

 

Gebed

O God van lewe,

die uitspansel kan u nie huisves nie,

en ons kindertaal

kan nie die wonder

van u sagmoedigheid beskryf nie.

 

Maar tog, in die ruimte van ons menseharte,

koms U naby ons

om ons te herstel.

 

Liefdevolle Christus,

wat gesterf het aan ‘n kruis,

maar wat weer uit die graf opgestaan het,

verjaag die sonde uit ons gees

soos die mis voor die son.

Wees die begin van ons dade.

Leer ons wat om te sê.

Vorm ons.

 

In u plaas ons ons hoop.

Van nou af,

tot in ewigheid.

Amen.

 

Skriflesing

Lukas 24:1-12

  Die Sondagmôre baie vroeg

het die vroue na die graf toe gegaan

 met die reukolie

wat hulle reggemaak het.

 

2  Daar kry hulle die klip

weggerol van die ingang van die graf af;

3  en toe hulle ingaan,

het hulle nie die liggaam van die Here Jesus gekry nie.

 

4  Hulle het nie geweet wat om daarvan te dink nie.

 

Meteens staan daar by hulle

twee manne met blink klere aan.

5  Die vroue het groot geskrik

en met hulle gesig na die grond toe gebuig.

 Toe sê die manne vir hulle:

“Waarom soek julle die Lewende by die dooies?

6  Hy is nie hier nie.

Hy is uit die dood opgewek.

 

Onthou hoe Hy met julle gepraat het

 toe Hy nog in Galilea was

7  en gesê het:

Die Seun van die mens moet uitgelewer word

in die hande van sondige mense,

gekruisig word,

 en op die derde dag opstaan.”

 

8  Toe het hulle sy woorde onthou

9  en van die graf af teruggegaan

en al hierdie dinge

vir die elf

en al die ander vertel.

 

10  Die vroue was

Maria Magdalena

en Johanna

 en Maria die ma van Jakobus.

 

Ook die ander vroue saam met hulle

 het dieselfde dinge aan die apostels vertel.

 

11  Maar vir hulle het hierdie verhaal na onsin gelyk

 en hulle het die vroue nie geglo nie.

 

12  Petrus het egter opgespring

en na die graf toe gehardloop.

Toe hy daar vooroor buk,

sien hy net die doeke.

Vol verwondering oor wat gebeur het,

is hy terug huis toe.

 

Preek

Nuwe Realiteit

NT Wright vertel dat hy en sy familie ong 30 jaar gelede in Cambridge gewoon het.

 

Een dag het hy,

en sy toe 4-jarige dogter,

by vriend van hom gaan kuier,

wat nie lank vantevore in Indië was nie.

 

Besoek beteken gaan na een van Colleges,

oor klein voetbruggie,

om antieke binnehof,

oor paar kronkelrige paadjies,

en op met 2 of 3 stelle hout trappe.

 

Winter,

byna donker,

Hier en daar glimmende ligte hulle begelei.

 

Het vooraf vir dogter verduidelik dat man gaan besoek wat in Indië was.

 

So vertrek,

oor brig.,

om binnehof,

oor paadjies,

onder ligte,

op met trappe.

 

Toe bo-kant van trappe kom,

vra dogter,

wie se oë al groter en groter geword,

uitasem & opgewonde –

is ons nou in Indië?

 

Antwoord, natuurlik, was “nee”. 

Nee, ons is nie in Indië nie.

Maar iemand wat in Indië was,

gaan ons alles daaroor vertel.

 

Is natuurlik waaroor Paasfees gaan.

Is ons nou in God se beloofde toekoms?

Nee, nie heeltemal nie,

maar iemand wat daar was

het teruggekom om ons daarvan te vertel.

 

En as ons by hom bly,

sal ons deel wees van daardie toekoms

en sal ons leer hoe om deel te wees daarvan.

Miskien ander manier daaraan dink:

As nou half 10 in SA,

dan 5h in Australië.

 

Sommige van ons seker geliefdes in Australië (of NZ of VSA).

 

Soms bel hulle jou,

vergeet hoe laat hier is,

maak jou in middel van nag wakker.

 

Wat met opstanding gebeur,

omtrent so.

 

Hele wêreld nog op die ou tyd –

10 uur in die nag, as wil.

Boosheid en dood is nog aan’t werk.

Ons slaap nog

en dink niks gaan ooit anders wees nie.

 

Maar skielik kry ons –

nie ‘n oproep nie,

maar ‘n besoek –

van iemand wat in die Nuwe Tyd leef.

 

Hy is reeds in die nuwe dag.

Hy, Jesus,

het deur die dood gegaan

in God se nuwe wêreld in.

 

En tot ons verbasing

het hy na ons ou wêreld gekom,

wat nog in die Ou Tyd is,

om vir ons te sê dat die nuwe dag wel begin het,

en al voel ons nog effens deur die blare,

en al lyk dit nog donker daar buite,

die nuwe wêreld het begin

en ons beter opstaan

en aan die gang kom. 

 

Is natuurlik deel van wat die evangelieskrywers vir ons wil sê

met vertellinge van daardie eerste oggend,

mense heen-en-weer hardloop,

ontdekking iets onverwags gebeur,

iets waarvoor nie gereed was,

wat wildste drome waar gemaak

en selfde drome op kop gedraai het.

 

En tensy jy gereed is selfde met jou gebeur,

moet liewers in bed bly!

 

God se nuwe wêreld

Maar wat is hierdie nuwe wêreld?

Wat is hierdie wonderlike toekoms?

Wat beteken dit as sê Jesus kom uit toekoms na ons?

Hoe werk dit as sê ons kan nou reeds deel wees daarvan,

nou reeds in Nuwe Tyd leef,

al is Ou Tyd nog aan die gang?

 

God se nuwe wêreld is,

heel eenvoudig,

die nuwe hemel en die nuwe aarde.

 

Anders as wat meeste Christene vermoed,

Die Bybel praat nie van ‘n “disembodied”, ver-af hemel,

maar eerder van nuwe hemel en nuwe aarde.

 

Hierdie wêreld is vol korrupsie en verrotting,

geweld en smart en sonde en dood.

 

Maar omdat God hierdie wêreld geskape het,

en omdat hy hierdie wêreld liefhet,

het hy besluit om die korrupsie

en verrotting

en smart

en dood en sonde

uit te wis,

om die weg te baan vir die wêreld om vernuwe te word,

van bo af ondertoe,

 

sodat alles wat rein

en mooi

en wys

en eerbaar is,

helderder sal skyn.

 

Dit is die toekoms wat ons beloof is.

 

Wat Jesus gedoen het.

 

En wat Jesus gedoen het,

was om hierdie plan vorentoe te bring.

 

So, in plaas daarvan dat dit aan die einde van die gesk gebeur,

het dit gebeur,

beslis,

in en deur hom,

reeds in die middel van die gesk.

 

Hy het die korrupsie en verrotting,

al die geweld en boosheid en smart en dood,

op homself geneem.

Dis waaroor Goeie Vrydag gaan.

 

Maar juis omdat hy dit gedoen het,

het hy die weg gebaan,

het hy die pad oopgemaak

vir die wêreld om vernuwe te word.

 

Wat presies is wat op die eerste Paassondag begin het.

 

Die opstanding is die teken,

o.a.

dat God se nuwe skepping begin het,

dat die toekoms in die hede ingebars gekom het,

soos iemand wat vroeg in die oggend uit Australië bel,

of soos iemand uit Indië wat skielik by jou huis opdaag.

 

Ons missie

En so word Paasfees

die “launching pad”,

die wegspringplek

vir die kerk se missie.

 

Interessant,

as Paas-verhaal sou herbou

uit kerk se Paasliedere en gebede en stories en liturgieë,

dan sou dink dat evangelies sê

dat Paasfees se hoof boodskap is:

Jesus het opgestaan,

daarom sal ons ook opstaan.

 

En dit is natuurlik waar!

Is wat Paulus en ander sê.

 

Maar een van treffende aspekte van opstanding-narratiewe,

is dat nie Jesus,

of enigiemand anders,

op enige stadium vooruit wys na die toekomstige hoop,

na die hemel

of verlossing nie.

 

Dit word gelos om later uitgewerk te word.

 

Wat baie meer dringend is in die opstandingsverhale,

baie belangriker as die vraag na ‘n mens se eie saligheid,

is vier goed:

 

1.  Jesus is weer lewendig.

2.  Daarom is hy werklik die Messias, die ware Here.

3.  Gevolglik het die nuwe skepping begin en

4.  Daarom het ons ‘n dringende en belangrike taak om te verrig:

 

Jesus het opgestaan,

daarom is die wêreld ‘n nuwe plek

en ons word geroep

om dit vir die wêreld te vertel.

 

Die punt is dat God se nuwe skepping reeds begin het –

die koninkryk is hier.

 

Die van ons wat in die middel van die nag wakker gemaak is,

word aan die werk gesteek

om meer stukkies van hierdie nuwe skepping sigbaar te maak,

in hierdie wêreld wat nog in die nag is. 

 

En dis hoekom ons eers by die kruis stilgestaan het,

om daar te los

alles wat ons terughou,

wat ons aftrek tot boosheid,

al die leuens en gulsigheid en selfsugtigheid,

alles wat ons blind gemaak het.

 

In die plek daarvan ontvang ons ‘n nuwe lewe,

‘n nuwe doel:

om deel te wees van God se koninkryk,

van sy nuwe skepping,

reeds hier en nou.

 

Om mense van die lig te wees,

al is die wêreld nog donker,

om mense te wees wat in die Nuwe Tyd leef,

al woed die Ou Tyd voort.

 

Wanneer praat oor volg in voetspore van Jesus,

dan dít waaroor praat.

 

Dit beteken natuurlik dat ons self nuut word,

self herskep word,

in pas bly met Heilige Gees.

 

Maar beteken ook dat deel word van God se groter plan vir wêreld.

 

Deel van uitdaging van Paasfees –

uitdaging elkeen van ons gedoop is –

is om te bid vir wysheid & onderskeidingsvermoë,

te sien waar God nuwe skepping in ons lewens wil begin,

in ons huise

ons gemeenskap

ons land.

 

En dan,

heel eenvoudig,

is ons missie,

om deel te raak daarvan.

 

Voorbidding

Bid vir wysheid,

sien waar u werk,

deel raak daarvan.

 

Vandag nuwe dag deurgebreek vier,

dink aan plekke waar nog donker,

bid, Here,

herskep,

lig bring –

waar nodig,

ons gebruik.

 

· Dink aan almal wat lewe sonder God. Wat lewe in diep onrus en onsekerheid. Wat lewe sonder geloof. Wat lewe sonder hoop. Wat lewe sonder liefde …

· Dink aan almal wat siek is. Wat ly onder die pyn, angs en stigma van MIV en VIGS. Wat ly aan siektes waarvoor daar genesing is, maar nie geld of personeel om dit te behandel nie. Wat ly aan ongeneeslike siektes wat ’n daaglikse verskrikking word en alle lewe en hoop uitsuig. Wat gestremd is en deur die samelewing as minder as mense gereken word. Wat geestelik siek is en weggesink het in ’n vreemde werklikheid van donkerte en hartseer …

· Dink aan die armes. Wat nie werk het nie en vir dae nie kos het om te eet nie. Vir wie die lewe donker geword het. Die armste lande in die wêreld wat deur die rykste lande uitgebuit en verder in die skuld verdruk word. Vir die bedelaar, prostituut en straatkind …

· Dink aan almal wat smag na reg en geregtigheid. Wat onderdruk word deur  gewelddadige en ongeregtige sisteme. Wat ly omdat hulle in die minderheid is. Wat ly omdat hulle die verkeerde kleur of geslag is. Vir wie alle weë versper is om as gelukkige en vry mense te kan leef. Die wat ly onder geweld, misdaad en onreg …

· Dink aan almal wat vasgevang is in vernietigende verhoudings. Wat deur ’n         egskeiding gaan. Wat iemand aan die dood afgestaan het. Wat moet lief wees vir mense wie nie vir hulle lief is nie. Wat ongelukkig is in hulle werksverhoudinge. Wat uitgewerp is deur die gemeenskap …

·        Oral onversoendheid is.

· Dink aan ons stukkende aarde. Wat deur gasse, vuur, koeëls, plastieksakke en menslike gierigheid besig is om te sterf. Wat smag na lewe, na suiwer water, na ’n plek vir elke spesie op die planeet …

 Dankoffer

 

Lied 417 (staan)

 

Seën

Liturg:  Loof die Here,

want Hy is goed.

Gemeente:  Aan sy liefde is daar geen einde nie.

 

Liturg:  die vroue moet getuig:

Vroue:  Aan sy liefde is daar geen einde nie.

 

Liturg:  Die manne moet getuig:

Manne:  Aan sy liefde is daar geen einde nie.

 

Liturg:  Die  Here is God.

Hy skenk ons die lewe.

Gemeente:  Loof die Here, want Hy is goed.

 

Liturg:  Aan sy liefde is daar geen einde nie.

Amen.

 

Lied 228

 

     

Trackback from your site.

Leave a comment