Luisterblad 22 tot 28 Augustus

PERSOONLIKE LUISTERTYD

STOP:

Dink na oor die afgelope week. Waar is jy verwelkom, ingenooi, ingesluit? Het hierdie tye dalk iets te doen met God?  Wanneer het jy verlange, of die gebrek aan liefde en aanvaarding ervaar? Kan hierdie tye dalk ook iets met God te doen hê?

NEEM WAAR:  Lees Lukas 14:1, 7-1.  Watter woord of frase staan vir jou uit?  Staan daarby stil.

LUISTER: Die gesegde sê “jy is wat jy eet”.  Dit lyk asof Jesus hier sê “jy is hoe jy eet” en “jy is saam met wie jy eet”.  Wat sê jou eetgewoontes van jou?  Kan dit wees dat Jesus hierdie gewoontes wil omkeer?  Hoe sal sulke omgekeerde gewoontes lyk, nie net aan jou etenstafel nie, maar in in hele lewe?

SAAM-LUISTER

Ingenooi deur God:  Paul Wadell sê ons leef in ’n “kultuur van vrees”.  Vertel vir mekaar:  wat maak jou bang?

Ingaan in God se tyd:  Word stil terwyl iemand Psalm 90 rustig voorlees.

Luister na God se Woord:  Lees Lukas 14:1, 7-14.  Gee kans dat elkeen rustig op hul eie oor die teks reflekteer:  wat staan vir jou uit, wat raak jou?

Luister na mekaar:  Vertel vir mekaar wat julle gehoor het in die teks.

Luister na ander en die tye:  Wadell sê: “In a world of terrorism and war, school shootings, road rage, and pervasive anger and discontent, it is no wonder that concern for safety and security frequently triumphs over hospitality to the stranger.” Tog is hierdie atmosfeer “toxic for the hospitality and generosity that enables us to see the poor, the homeless, the hungry and the needy, immigrants and refugees and prisoners, not as dangerous threats, but as Christ’s presence among us. It diminishes our humanity, for we are created for the communion and intimacy that are the fruit of an ever-expanding love.  Precisely in this culture of fear we must see hospitality as our Christian vocation, because it is through hospitality that we offer the most compelling witness of who God is, who we are called to be, and what the world through God’s grace can become.” 

Luister weer na God se Woord:  Kan julle aan ’n paar subtiele maniere dink waarop ons mense uithou of onwelkom laat voel?

Wat leer vandag se Skrifgedeelte julle oor gasvryheid?  En oor nederigheid?

Chris skryf in die uitgebreide Stiltetyd-materiaal:  “Nederigheid is nie om minder van jouself te dink nie, maar minder oor jouself.” Hoe help dit ons om prakties oor nederigheid te dink?  En oor gasvryheid?

Wie is die mense in ons samelewing wat ons nie innooi in ons    lewens of gemeenskap nie?

Fokus op wat God nou doen:  Ons dink aan “liefdadigheid” as om behoeftige mense te help.  Thomas Aquinas het egter liefdadigheid verstaan as ’n voortgaande verhouding met God, waarin ons ingetrek word in God se goedheid en dan ons lewens modelleer volgens God se omvattende liefde.  Wat, dink julle, sê God vandag vir julle as selgroep?  Wat, dink julle, sê God vir ons gemeente?  Wat wil julle met julle saamneem van jul refleksie oor die Skrif?

Antwoord met ons lewe:  Bid saam.  Reageer op wat julle uit die Woord gehoor het.  Bid ook vir mekaar.  Bid ook vir Sondag se Nagmaal en ons gemeente se gasvrye ontvangs van  Bloemendal se lidmate.

FAMILIE-LUISTER

RUS :  Vertel vir mekaar van ’n keer wat jy nie uitgenooi is na ’n geleentheid nie, of wat jy uitgesluit is.  Wat het gebeur?  Hoe het jy gevoel?

Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.

HOOR:  Lees Lukas 14:1, 7-14.  Gesels oor praktiese vrae, soos:  hoe sal dit wees om saam met iemand te speel wat gewoonlik deur die ander kinders geïgnoreer word?  Hoe sal dit wees om uit te reik na iemand wat baie anders is as jy?  Hoe sal dit wees om iemand te nooi wat nie gewoonlik na partytjies genooi word nie?  Watter maniere is daar nog om gehoorsaam te wees aan wat Jesus in die teksgedeelte sê?

Onthou om saam voor te berei vir Sondag se Nagmaal.  Kyk hier vir idees hoe om dit te doen.

LEEF:  Probeer om hierdie week elke aand saam te eet.  Sit alle elektronika – TV, selfone, radio, rekenaars, tablette – af en fokus op julle saamwees.

 

Huisgodsdiens, huisgodsdiensmateriaal, Kleingroepe, kleingroepmateriaal, Lukas 14, selgroep, selmateriaal, stiltetyd, stiltetydmateriaal

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.