Skip to main content

Ligkids – UITGEVANG! – 14 Februarie

Ligkids #2 – UITGEVANG! Het jy al gejok? Is jy uitgevang dat jy iets gedoen het wat jy nie moes nie? Vandag lees ons uit die tweede brief van Paulus aan die Korintiers en leer: Jesus wil dat ons eerlik en opreg sal wees! Jesus sien in elkgeval ALTYD, selfs die donkerkte is vir Hom soos die Lig (Ps.139). Elke keer as jy iets doen of sê, dink bietjie: Jesus sien wat ek doen, Hy hoor wat ek sê, sal Hy daarvan hou? Die maats wat hulle pakkies gekry het kan hulle glowsticks uithaal en aansit. Daar is nog pakkies by die kerkkantoor en dit is ook in PDF beskikbaar – kontak ons gerus daarvoor! En moenie bekommerd wees dat jy/julle sal agter raak nie, die videos is daar om weer en weer te kan kyk en geniet! Kom sing vandag ook weer lekker saam en doen dan ‘n baie “cool” aktiwiteit wat ons herinner om as kinders van die Lig te leef!

Youtube

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.