Ligkids Ons Vader Laat U wil geskied

God se wil is dit wat God vir ons lewens wil hê, omdat Hy ons liefhet en sodat ons vir Hom en ander kan wys dat ons hulle liefhet / sodat ons in die regte verhouding met Hom en ander mense kan lewe. Daar is baie dinge wat God ons in die Bybel leer ons MOET/MAG en MOET NIE/MAG NIE doen nie. Hoekom doen Hy dit? Omdat Hy sommer die lewe vir ons moelik wil maak en ons pret bederf? Nee! Omdat Hy net die beste vir ons wil hê. Waarom sê mamma en pappa vir jou dat jy nie jou hand op ‘n warm stoofplaat moet sit nie? Want hulle wil nie hê jy moet jou hand brand en seer hê nie. Wanneer ons bid: Laat U WIL geskied, net soos in die hemel, net so ook op die aarde, dan vra ons dat God ons sal help om gehoorsaam te wees aan Hom, soos die engele in die hemel aan Hom gehoorsaam is – hulle luister ALTYD vir Hom en doen presies wat Hy vir hulle sê. Ons leer vandag meer oor hoe ons kan weet wat God ons leer is reg en verkeerd en hoe ons gehoorsaam kan wees daaraan.

Maak 'n bydrae

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.