Ligkids Ons Vader #2 Laat U Naam geheilig word

Ons het elkeen ‘n naam. Party van ons het ‘n familienaam gekry soos Johannes Albertus Christiaan Hendrikus, ander het ’n klomp byname: Pikkewyn, Patat, Meerkat. Hoekom het ’n mens ’n naam of ’n bynaam? Dis so belangrik dat dit een van die heel eerste dinge is wat ons leer wanneer ons begin skoolgaan! ’n Naam is belangrik want dit is soos ’n etiket of ‘n stuk gereedskap om een persoon van ‘n ander te onderskei. Dit is belangrik sodat mense jou kan uitken. Weet julle dat God ons elkeen se naam ken? Ja! Ons name is vir Hom so belangrik! Dit is vir God ook baie lekker as Sy naam vir ons belangrik is. Hy wil dat ons dit “heilig hou”, maar hoe doen ’n mens dit? Ons gesels vandag verder daaroor.

Laai gerus die werkvelle met aktiwiteite hieronder af

Die Ons Vader Laat U Naam geheilig word vir voorskoolse tot Gr.3 kinders

Die Ons Vader Laat U Naam geheilig word Gr.4-6 werkvel

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.