Ligkids – kinderkerk en kategese
NGK Somerstrand begin hierdie Sondag, 7 Februarie, met ‘n splinternuwe kinderkerk. Ons nooi al ons Glimwurms (voorskools), Vuurvliegies (graad 1-3) en Glowstix (graad 4-6) kinders en hulle ouers om deel te neem.
Ons noem hierdie Youtube aanbieding Ligkids. Die video sal vroegoggend beskikbaar wees op die Youtube playlist en op Facebook.
Ligkids is bedoel vir ouers met kinders voorskools tot 13 jaar oud. Dit is ‘n kinderkerk aanbieding waarby die kategese ingesluit is. Ons wil ons ouers toerus om hulle kinders te begelei in ‘n “fun” geestelike omgewing. Ons sal bid en sing, en lees en leer, hoe om kids van die Lig te wees.
Ons verwelkom ds Thania Botha wat verantwoordelikheid gaan neem vir Ligkids. Ouers sal haar onthou van Lofkabouters waarby ons gemeente verlede jaar ingeskakel het vir kategese.
Hier is ‘n bekendstellingsvideo!
Thania wil hierdie week ook die ouers en kinders graag ontmoet. Sy het die kategese materiaal vir die kwartaal voorberei en wil dit graag self uitdeel. Julle kan die pakkies by die kerk kom afhaal. Thania sal daar wees Vrydag 17:00-17:30 en Saterdag 09:00-09:30 saam met lede van die kinderkerkspan. Of julle kan die pakkies in die week by die kerkkantoor afhaal, Dinsdag of Donderdag 09:00-12:00. Dit is ook in pdf beskikbaar op ons webtuiste sodat julle dit self kan uitdruk by die huis.
Ligkids gaan gedurende die skoolkwartaal aangebied word. Ons volg dieselfde Leesrooster as die Familiediens Sondae om 09:00 by hierdie Youtube playlist.
Ouers kan dus by albei eredienste insluit. Julle kan ook die stiltetyd materiaal gebruik by Bybelskool.com.
Ons is opgewonde oor Ligkids. Sien jou daar!