Ligkids is terug! En ons leer die Onse Vader.

Hierdie kwartaal behandel ons elke Sondag ‘n ander deel van die Ons Vader gebed en leer so wat dit beteken en hoe om dit te bid. Vandag lees ons Matt.6:5-8, waar Jesus vir Sy dissipels sê hoe hulle die storie moet benader. Hulle het gesien die geleerde mense gaan staan op die straat en bid, sodat almal hulle kan sien. Hulle gebruik ook baie groot woorde. Maar Jesus sê vir Sy dissipels: Kom soos jy is en praat net gewoonweg wanneer jy met my praat! Ons maak vandag ‘n bidsprinkaan gebeds-“buddy” wat ons gaan help om die Ons Vader aan te leer die kwartaal. Ons is ook nou Sondae by die kerk, so kom kuier lekker saam! Daar is nie volgende Sondag Ligkids nie, want dit is ‘n langnaweek. Die 15 Augustus sal ons besig wees met: “Ons Vader wat in die hemel is…” en die Ligkids werkboeke sal dan ook uitgedeel word by die kerk en ook op die gemeente se webtuiste beskikbaar wees om af te laai.

Laai gerus die PDF “template” af vir vandag se aktiwiteit

Bidsprinkaan gebedsbuddy

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.