Ligkids  – HELP! – 7 Februarie 2021 (van 06:00 af beskikbaar)

Vandag se tema: HELP!  Ligkids is Somerstrand gemeente se kinderkerk en sluit ook die kategese in vir kinders tot en met Graad 6. Elke video is propvol, met sang, gebed, Bybel lees, saam meer leer oor Jesus en aktiwiteite wat ons sal help om te onthou wat ons geleer het en dit toe te pas! Hou die boekie byderhand wanneer julle na die video kyk en vul dit in! Doen dan die gesinsaktiwiteit saam en plak die sticker op die getrouheidskaart! Het jy geweet? Ons sukkel soms so onnodiglik alleen met iets! Ja, want ons vergeet om hulp te vra OF ons WIL NIE! Jesus herinner ons vandag: ons kan Hom enigetyd vra om ons te help! Ons lees uit Markus 1:29-38 en leer hoe Jesus mense (en ook vir my en jou!) help. Ek en jy kan nou nie ‘n wonderwerk doen soos wat Jesus in hierdie verhaal gedoen het nie, MAAR ons kan steeds ander mense help en so Jesus se voorbeeld navolg!

Youtube

Maak 'n bydrae

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.