Ligkds #8 – Moet ons mekaar se voete was? Jig!

Moes jy al iemand se voete was? In die Bybelse tyd het mense hulle voete gewas voordat hulle in die huise ingegaan het. ‘n Slaaf sou dit gewoonlik gedoen het. Op ‘n dag het Jesus ook sy dissipels se voete gewas! Hoekom? Want Hy wou vir hulle ‘n baie belangrike les leer! ‘n Slaaf is nie belangriker as die een wie se voete hy/sy moet was nie! Ons is almal ewe belangrik! EN os behoort ook bereid te wees om mekaar se voete te was! Nee, ons hoef darem nie die heeltyd ander mense se stink voete te was nie, MAAR Jesus sê ons behoort mekaar ook te dien, m.a.w. dinge vir ander te doen wat ons aan onsself gedoen wil hê, wat vir hulle wys ons gee om en dat ons lief is vir hulle. Kom kyk wat vang Jesaja aan, sing, leer en doen lekker dinge saam! Aan die einde van die video vertel Ds Thania ook van ‘n lekker geleentheid wat op julle wag, so luister mooooi!

Youtube Sondag 06:00

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.