Lighthouse tieners
Ons tiener bediening se visie is om die liefde en genade van ons Here uit te straal vir die wêreld soos wat ‘n lighuis sy lig uitstraal vir almal om te sien. Elke eerste Vrydag van die maand het ons ‘n lekker sosiale kuier vanaf 18h-21h.
Hier fokus ons op verhoudingsbou en om in ‘n veilige omgewing te skep waar ons kan kom en jonk wees.
Die middelste Donderdag van elke maand het ons Midweek, waar ons fokus op geestelike issues wat nou relevant is in ons lewens. Dit duur vanaf 18h-19h30.