Lentefees 2012

Met groot verwagting en heelwat organisering vind die Lentefees DV  01 September 2012 plaas.

Groot makietie met ‘n sestigers-tema word beplan!  Die fees sal ook vooraf gegaan word met verskeie funksies bv. musiek-trivea, biltong en wynproe, kunsuitstalling met ‘n koffieproe ens.

Die hele gemeente se bydrae en deelname word benodig. So asb. raak betrokke en kom ons maak dit ‘n groot sukses. Somerstrand-gemeente was en is nog altyd ‘n span wat die wa deur die drif kon trek.

LENTEFEES- VERGADERING 6 MAART 2012  IN DIE KERK

Daar is soveel aktiwiteite wat plaasvind en voorsiening word gemaak vir oud en jonk om  deel te kan hê aan die pret en plesier van onder andere, boeresport, lentestap vroegoggend, “cross dressing”, teetuin, ens. Verskeie stalletjies sal ook beskikbaar wees. Kóm, Somerstrand-gemeente, ons ruk op en maak dit die gebeurtenis van die jaar op 2012 se kalender!

Kontakpersone: Robert Blignault 082 8293806, Sarel Schoombie 084 5829494, Wouter du Toit    0825647261.

Sien jou by die vergadering of sit jou naam op die lys en kom werk lekker saam!

     

Trackback from your site.

Leave a comment