Leefblad 30 Oktober tot 5 November 2016

leef-voorblad-kleinPERSOONLIKE LEEFBLAD

RUS

Raak stil. Dink na oor wat die afgelope 24 uur gebeur het. Dank God vir die goeie. Gee vir Hom die slegte.

HOOR

Dit is duidelik in die boek van die profeet Haggai dat die volk dit swaar gehad het ná hulle uit ballingskap teruggekom het.  Alles moes weer heropgebou word.  Die Here verstaan egter presies hoe hulle voel.  Hy hak in hfst. 1:6 aan by hulle gevoel dat hulle: “soos ‘n dagloner is wat sy loon in ‘n stukkende beursie steek.”  Maar, sê die Here, dit is eintlik omdat julle prioriteite nie reg is nie.  Julle stel julle eie belange bó Myne.  Moenie begin met julle eie huise nie.  Bou eers My huis.  Dan sal Ek julle seën.

Lees nou Haggai 1:15b-2:9 en fokus op wat jou tref.

  • Let op na die beloftes wat die Here hier gee. Watter daarvan tref jou persoonlik?
  • Hoe kan jy die Here se belange eerste stel in jou lewe? Watter dinge is daar waaraan jy kan begin bou dat God se teenwoordigheid in jou eie lewe en jou geloofsgemeenskap bevorder kan word?

LEEF

Antwoord die Here in gebed.  Geniet ‘n paar oomblikke die teenwoordigheid van die Here sonder woorde.  Onthou dat dit Sondag ons jaarlikse Tiendemaand Dankofferfees is.  Oorweeg biddend watter verantwoordelikheid die Here hierin van jou vra.

SAAMLEEF

Ingenooi deur God

Deel met mekaar hoe julle die afgelope week die Here se teenwoordigheid in julle lewe ervaar het.  Watter dinge lê Hy op die oomblik op julle hart?  Open met gebed.

Ingaan in God se tyd

Psalm 145 – die Psalm vir die week – loof God vir sy betroubaarheid deur die eeue.  Hy het van altyd af goeie bedoelings vir sy mense, trouens vir alle mense: “Die Here is goed vir almal.” (vers 9).  Daarom, sê Dawid: “My mond sal die lof van die Here verkondig; alle mense moet sy heilige Naam prys vir altyd en ewig.” (vers 21).

Lees die Psalm en laat die groep die Here in kort gebede loof: 1) vir God se groot goedheid wat lofwaardig is vir ewig – vers 1-9 – en 2) dat God se besondere beloftes die lewe verryk vir ewig – vers 10-21.

Luister na God se Woord

Dit is duidelik in die boek van die profeet Haggai dat die volk dit swaar gehad het ná hulle uit ballingskap teruggekom het.  Alles moes weer heropgebou word.  Die Here verstaan egter presies hoe hulle voel.  Hy hak in hfst. 1:6 aan by hulle gevoel dat hulle: “soos ‘n dagloner is wat sy loon in ‘n stukkende beursie steek.”  Maar, sê die Here, dit is eintlik omdat julle prioriteite nie reg is nie.  Julle stel julle eie belange bó Myne.  Moenie begin met julle eie huise nie.  Bou eers My huis.  Dan sal Ek julle seën.

Lees nou Haggai 1:15b-2:9 en fokus op wat jou tref.  Gee kans dat elkeen rustig op hul eie oor die teks reflekteer.  Wat staan vir jou uit, wat tref jou?  Let veral op na die beloftes wat die Here hier gee.

Luister na mekaar

Deel met mekaar wat julle tref.  Deel ook met mekaar watter beloftes in die gedeelte julle persoonlik tref.

Luister na ander en die tye 

Op watter manier spreek dié gedeelte ons as geloofsgemeenskap, as kerk, en as land aan?  Watter beloftes kan ons hieruit as bemoediging vir onsself toeëien?

Luister weer na God se Woord

Hoe het jou luister na mekaar jou verstaan van die teks verander of bevestig?  Wat maak die Heilige Gees nou vir jou duidelik?

Fokus op wat God nou doen

Hoe kan ons die Here se belange eerste stel in ons lewe?  Watter dinge is daar waaraan jy persoonlik kan begin bou dat God se teenwoordigheid in jou eie lewe en jou geloofsgemeenskap bevorder kan word?

Antwoord met ons lewe

Ons is reisgenote wat telkens mekaar bemoedig op ons geestelike reis.  Deel met mekaar wat die Here nou van jou persoonlik vra, of vir jou saamgee as belofte of aanmoediging.  Bid saam.

Herinner mekaar daaraan dat dit Sondag ons jaarlikse Tiendemaand Dankofferfees is.  Laat elkeen in die week biddend oorweeg watter verantwoordelikheid die Here hierin van elkeen vra.

FAMILIE-LEEF

RUS

Vertel mekaar wat die afgelope 24 uur in julle familie gebeur het. Bid dan saam.  Dank God vir die goeie. Gee vir Hom die slegte en bid vir verandering.

HOOR

Dit is duidelik in die boek van die profeet Haggai dat die volk dit swaar gehad het ná hulle uit ballingskap teruggekom het.  Alles moes weer heropgebou word.  Die Here verstaan egter presies hoe hulle voel.  Hy hak in hfst. 1:6 aan by hulle gevoel dat hulle: “soos ‘n dagloner is wat sy loon in ‘n stukkende beursie steek.”  Maar, sê die Here, dit is eintlik omdat julle prioriteite nie reg is nie.  Julle stel julle eie belange bó Myne.  Moenie begin met julle eie huise nie.  Bou eers My huis.  Dan sal Ek julle seën.

Lees nou Haggai 1:15b-2:9 en fokus op wat julle tref.

  • Let op na die beloftes wat die Here hier gee. Watter daarvan tref julle persoonlik?
  • Hoe kan julle die Here se belange eerste stel in julle lewe? Watter dinge is daar waaraan julle persoonlik kan begin bou dat God se teenwoordigheid in julle eie lewe en ons geloofsgemeenskap bevorder kan word?

LEEF

Gesels oor hoe hierdie beloftes julle dié week kan bemoedig. Bid dan vir mekaar.

Onthou dat dit Sondag ons jaarlikse Tiendemaand Dankofferfees is.  Oorweeg biddend watter verantwoordelikheid die Here hierin van julle as familie vra.

     

Trackback from your site.

Leave a comment