Laat die berge bewe – Erediens Youtube 09:00

‘n Mens kan jou goed inleef in die vrees van die volk in die vreemde. Hulle was bang dat God nie meer vir hulle lief was nie. Hulle was in ballingskap en ver van hulle huise af. Dit was ‘n allerverskriklike tyd wat uiteindelik sewentig jaar lank geduur het. Voel jy ook so? Wanneer gaan hierdie tyd ophou? Sal daar hoegenaamd ‘n einde aan kom? Dra die pandemie nie uiteindelik die boodskap dat die Here nie meer bekommerd is oor ons nie? Dat Hy nie meer jammer is vir ons nie? Na Wie toe sal ons draai om ons hoop te gee?

Kom luister Sondag na die boodskap van Jesaja 64: Laat die berge bewe … Youtube 09:00 | Chris van Wyk.

Youtube
Klankbaan (45 MB)

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.