Korona Kermis

 

Dit is weer sulke tyd!!!  Ons gaan begin met kermis aktiwiteite. Versprei dit so wyd as moontlik ook onder nie-gemeentelede en buite-Somerstrand mense.

Enige hulp en enige bydrae sal baie en opreg waardeer word.

As iemand miskien n kontant bydrae wil of kan maak, betaal direk by die kerk in met verwysing : kermis of fondsinsameling.

Indien alles goed gaan hoop ons om 7 of 14 November kermis te hou.  Voorlopig dink ons aan n tema soos: Korona Kermis.  Voordat ons finaal daarop besluit wil ons eers ander idees oorweeg, so dit sal baie waardeer word indien julle met enige idees vir n tema vir ons kermis 2020, vorendag sal kom.

Esmé Dorfling kan te eniger tyd geskakel word, per epos of whatsapp by 082 448 1412

ESME DORFLING EN KAREN BECKER

SAMEROEPSTERS

Maak 'n bydrae

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.