Kop-Hart-Hand BarmHARTigheid
Ds Pieter Nel van PE Hoogland het Sondag 20 Oktober die erediens waargeneem onder leiding van die kommissie van Barmhartigheid in ons gemeente. Jy kan hier bó na sy boodskap luister waarin hy die kop-hart-hand elemente van ons BarmHARTigheid beklemtoon.
Ons het ook 25 emmers uitgedeel met ‘n lysie van goed wat mense nodig het. Die reaksie was so groot dat ons dit weer hierdie komende Sondag sal herhaal. Jy hoef egter nie vir ‘n emmer te wag nie. Hier is die lysie van goedere wat jy kan aanskaf en Sondag saambring.
Dankie vir Annemarie en Jaco Barnard saam met hulle gesin wat vir ons die voortou hier geneem het!
Lysie vir ‘Buckets’ vir Barmhartigheid
· Pap · Rys · Pasta · Two minute noodles · Grondboontjiebotter · Soppoeier · Olie · Tee · Koffie · Suiker · Pakkies koeldrank · Blikkies kos soos bully beef, Pilchards vis, sweetcorn, baked beans, ens. · Tandepasta · Sjampoe · Seep · Tandeborsels · Sanitêre ware |