Konsistorie-kerk @ Somerstrand 7 November 2021

Kom hou saam erediens in die konsistorie… Want ons moet maar kreatief raak wanneer loadshedding toeslaan en kragkabels gesteel word. Hoe wonderlik dat ons in eenvoud die Here kan aanbid. Augustinus het nooit loadshedding beleef nie, daar was nie eers eletrisiteit in sy tyd nie…maar hy het iets verstaan van werklike donkerte. Hy het gesê: “Sonder die Here leef ons in uiterste duisternis en krankheid.” Gelukkig ken ons ons Lig!

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.