Skip to main content

Kleingroepmateriaal vir die eerste kwartaal 2016

Jesus-verhale van MenswaardigheidOns fokus in die eerste kwartaal 2016 op die Here Jesus Christus. Ons gebruik die boek Jesus-verhale van Menswaardigheid se nege temas en Skrifgedeeltes in die eredienste, kleingroepe, kategese en huisgeloof. Dit vorm deel van die Seisoen van Menswaardigheid in die familie van die NG Kerk.

1. Ons wil daarom bestaande kleingroepe aanmoedig om dié boek in die eerste kwartaal te gebruik. Die boek kos R10 en is beskikbaar by die kerkkantoor vanaf 10 Januarie. Daar is ook ‘n Engelse weergawe beskikbaar.

2. Ons wil ook al ons bestaande kleingroepe uitdaag om met ‘n ander kleingroep in die gemeente saam te werk dié kwartaal. Julle kan óf saam vergader, óf die lede gelykop verdeel in twee nuwe groepe, net vir dié kwartaal.

3. Ons sal dit veral waardeer as julle met ‘n kleingroep van ‘n ander gemeente – bv. VGK Bloemendal – sou kon saamwerk hierin. Só kan ons kruis-kulturele vriendskappe sluit wat ons geloofsgemeenskap sal verbreed. Die leraars sal daarmee kan help.

4. Ons wil ook graag nuwe kleingroepe stig in die gemeente. Belangstellendes kan die kleingroepvergadering 17 Januarie in die konsistorie bywoon.

Alle bestaande kleingroepleiers sowel as mense wat nuut wil inskakel, kom daarom met die kleingroepvergadering 17 Januarie bymekaar in die konsistorie.

Hier is die temas en Skrifgedeeltes vir die kwartaal:

1. Jesus en die man met die gebreklike hand – Lukas 6:6-11
2. Jesus en die Siro-Fenisiese vrou en haar dogter – Markus 7:24-30
3. Jesus maak ‘n doofstom seun gesond – Markus 9:14-29
4. Jesus en die dogtertjie van Jaïrus – Markus 5:21-43
5. Die vrou wat Jesus se voete met reukolie salf – Lukas 7:36-50
6. Jesus gee Petrus opnuut sy opdrag – Johannes 21:15-19
7. Jesus reinig ‘n melaatse – Matteus 8:1-4
8. Jesus genees die vrou met bloedvloeiing – Matteus 9:18-26
9. Jesus was die voete van sy dissipels – Johannes 13:1-20

Chris van Wyk

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.