Klankbaan van ons Familiediens

Ek maak die klankbaan van die erediens hierdie Sondag (Klaagliedere 3 – Wat doen jy as jy hartseer is?) beskikbaar op ons webtuiste. Dit is tien keer kleiner as die video en sal miskien vir mense wat min data het beter werk. Dit is 80 MB groot (die video is 800 MB groot). Die voordeel is dat dit alles bevat, ook die musiek.

Hier is die skakel

Jy kan hierdie klankbaan self gebruik in die toekoms of versprei na goeddunke. Ek sal dit saam met die skakel na die video elke naweek hier op die webtuiste in ons nuusflitse beskikbaar stel.

Indien jy belangstel om op ‘n Whatsapp groep vir hierdie diens te kom, stuur net ‘n e-pos met jou naam en selnommer na Liésl Knipe.

Groete!

     

Trackback from your site.

Leave a comment