Skip to main content

KINDERDIENS – 16 FEBRUARIE

Ek gaan volgende week oor Abel praat – wat die graad 1-2’s se les vir daardie Sondag sou wees. Ek gesels oor Kain wat gedink het dat Abel ‘n “nikswerd” was. Dit is immers wat Abel se naam beteken!

Maar, die Here het nie só oor Abel gevoel nie. Jesus lig hom uit as ‘n voorbeeld vir ons. Hebreërs praat van hom as ‘n geloofsheld. Johannes moedig ons aan om te leef soos Abel!

Gebruik die materiaal vir stiltetyd, kleingroepe of families om julle as familie voor te berei vir hierdie “eerste” in NGK Somerstrand na jare!

Al die skoolgaande kinders bly dus in die kerk.

Laai die pdf vir families hier af.

Terloops, die vier prentjies bo-aan is van die kaartjies wat jou kind gekry het waarmee julle interessante gesprekke kan voer. Hieronder is die agterkant waarop inligting oor die Bybelkarakters is: Adam, Eva, Kain en Abel.

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.