KERSSANGDIENS Sondag 6 Desember Youtube 09:00

Kerssangdiens – Soos ‘n Herder versorg God sy skape – Jesaja 40:1-11

2020 was ‘n baie moeilike jaar. Met die virus. Met inperking. Met skole. Met besighede. Werkloosheid. Onsekerheid.

Dan is dit goed om die boodskap van VREDE te hoor in Jesaja 40:1-11. Jy hoef nie oorweldig te voel deur die nood en geweld in ons wêreld nie. Kyk, hier is jou God! sê Jesaja. Hy is die Sterk God. Hy kan doen wat Hy wil doen. Hy is ons Herder. En Hy bring die vrede waarna jy met jou hele wese smag!

Kom gee jou oor aan hierdie boodskap in sang en Skrif.

NG Kerk Somerstrand Kerssangdiens – Youtube 09:00 – 2de Advent, 6 Desember – Chris van Wyk

Met Albert Troskie en Erika Bothma op orrel en klavier – Kersliedere deur die koor en gemeente – sowel as voorlesers: jonk en jonger … dit is ‘n fees!

Youtube
Klankbaan (48 MB)

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.