Kersgeskenke MTR Smit Kinderoord
MTR Smit Kinderoord
Soos u weet is ons Gemeente jaarliks verantwoordelik vir die kersgeskenke van die 15 dogters by Huis 5, MTR Smit Kinderoord. Om soos gebruiklik ‘n kersboom in die voorportaal te plaas, is die jaar onprakties en daarom neem ek – Laetitia Greyling – die vrymoedigheid om die versoek op hierdie wyse deur te gee:
Om duplisering uit te skakel is met ACKERMANS, GREEN ACRES (enigste winkel wat ingestem het) gereël dat daar by die toonbank AGTER IN DIE WINKEL 2 mandjies met items wat reeds vir elke dogter uitgesoek is, sal wees. U kan daar gaan koop en die item(s) by die kerk-kantoor of by my afgee VOOR OF OP DONDERDAG 19 NOVEMBER ASB., of u kan ‘n kontantbedrag inbetaal, gemerk MRT Kersboom.
Vir elke dogter is daar 1 van elk van die volgende : Short, T-hemp, 2-stuk stel nagklere en ‘n pak panties. Ons sal ook graag vir elkeen ‘n 80g blok sjokolade en n bederfsepie en/of roompie wil gee. Enige kontant bydraes daarvoor is ook welkom.
U ondersteuning sal hoog op prys gestel word. Baie, baie dankie!
Laetitia “nul agt twee 202 2345”
NG Gemeente Somerstrand Bank besonderhede:
NG Kerk Somerstrand ABSA , PE, reknr. 01008731388 (Tjekrek) Bank-kode: 632005