Kersfees-Kermis 29 November 2019
Die Kermis sal die jaar by SUMMERWOOD SKOOLSAAL gehou word en begin om 16:00 Vrydagmiddag, 29 November 2019.
MELKTERTE: Elizabeth Jacobs, 041 583 5422 of 071 248 3346 sal deurlopend op bestelling verkoop teen R50-00 per tert.
Verder benodig Joan Burnell 041 583 2373 of 082 757 3100 vir die melkterte wat sy op die dag gaan verkoop, die volgende: melk, eiers en suiker. Dit sal waardeer word indien iemand haar daarmee kan help.
HAMBURGERS: Wie kan hier help met skenkings asb: 1 kg smeermargarine, 4 blaarslaaie, uie , tamaties en rolletjies vir die hamburgers asook die hotdogs.
SKENKINGS: Enige skenking, om bogenoemde aan te koop, sal waardeer word. Die wors, sosaties en hamburgers kan doen met kontantskenkings asb. Hulle behartig die duurste afdeling.
ROOMYSBAK: Esme Dorfling of Elizabeth Jacobs sal elke Sondag met n roomysbak in die voorportaal wees vir enige kontantskenkings. Kom maak asb jou beursie se silwer- of bronsgeld daarin leeg.
LOODJIES: R20-loodjies sal ook in die portaal beskikbaar wees. Lekker pryse kan gewen word soos bv. ’n springbok, R1000-00 kontant, vrugtekoeke ens.
DOELWIT: Ons doelwit is om hierdie Kermis ten minste R100 000-00 in te samel en daarvoor het ons elke lidmaat van die kerk , se hulp nodig. Niks sal te gering wees nie. Ons staan reeds op R10 000-00 en kort nog net R90 000-00.
WOEKER EN DROOM: Ons nooi elkeen uit om saam met ons te droom en saam te woeker om hierdie droom moontlik te maak en die jaar so op n hoë noot af te sluit.
ALLE EER KOM DIE HERE TOE!