Kersdag

Ons gaan vanjaar die kerkgebou saam versier vir Kersdag. Bring Kersdag ‘n versiering en kom hang dit voor die diens aan die kersboom. Onthou ook om geskenke te bring vir Ithemba Lam Babahuis in Forest Hill: babadoeke (veral 3 en 4), Formule melk Infacare no 2 en 3 (die pers en geel bokse), Purity of kontant. Kom sit dit voor die diens onder die Kersboom. Verder neem ons op Kersdag spesiale kollekte op vir Barmhartigheidswerk. Hierdie geld word verdeel tussen werk by die MTR Smit Kinderhuis, Maranatha, CMR, asook skoolfonds en ander ondersteuning vir hawelose en behoeftige gesinne.

kersfees web

     

Trackback from your site.

Leave a comment